[OUDIO] Verander jou liggaam, siel en gees

Wat moet jy doen om jou volle potensiaal te bereik? Die antwoord lê in die ontdekking van die waarde en krag wat daar in jou gedagtes en woorde is.

Jou gedagtes bepaal jou dade, jou gesindheid en jou selfbeeld. Dit bepaal ook jou toekoms. Jy kan kies wat jy dink en hoe jy dink. Die dag as jy dit besef, sal jou lewe drasties verander.

Die geheim van ’n gelukkige lewe bestaan uit verskillende fasette.

As jy begin om dit daagliks toe te pas, kan dit verandering in jou gemoed en leefwyse bring. Dit kan tot geluk lei.

Kyk byvoorbeeld in die spieël en sê vir jouself: “Ek is goed genoeg. Alles wat ek nodig het om geluk te ervaar, is binne myself.” Vervang negatiewe gedagtes met positiewe gedagtes. Dit gaan dalk oefening en konsentrasie verg, maar jy kán jou brein herprogrammeer.

Een van die grootste geheime vir positiewe gedagtes is dankbaarheid. Dink elke oggend aan tien dinge waarvoor jy dankbaar is. Wanneer jy leer om daagliks in dankbaarheid te leef, gee jy jou eerste tree na ’n dieper verhouding met die Here.

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!