Om mooi en vol selfvertroue te voel, begin deur dit te kies! Jou lewe is ’n storie wat die wêreld nodig het om te hoor. Own it!
Hierdie is die sleutel om mooi en vol selfvertroue te voel: dit begin binne jou. As jy dié basiese beginsel regkry, volg die uiterlike vanself. Jy moet jouself en God eerste stel.
Dink daaraan, jy doen die wêreld ’n onreg aan as jy nie jou beker vol maak nie. Jy het ’n doel in hierdie wêreld wat net jý kan vervul.
As jou beker leeg is, kan jy nie vir die wêreld bied wat net jy as ’n unieke individu kan nie. Dit is nie selfsugtig nie. Jy doen almal om jou ’n guns.
Kies om mooi en selfversekerd te voel. Laat gaan daarom dít waaroor jy nie beheer het nie. Kies jouself. Kies Jesus. Matteus 22:37 sê jy moet God liefhê met jou hele hart, en jou naaste soos jouself.
Skraap die moed bymekaar om onvolmaak te wees. Begin deur jouself 100% te aanvaar, presies net soos jy nou is. Maak ’n besluit om jouself lief te hê en om te glo dat jy die moeite werd is.
Ons is gemaak in God se beeld. Dit beteken ons kan ook skep. Jy skep jou lewe deur wat jy glo, dink en wat jy oor jouself spreek. Wees bedag op jou gedagtes.
Maak ’n lys van positiewe verklarings en spreek dit oor jouself uit. Al glo jy dit nie aan die begin nie, wat jy sê, sal jy hê.
Dink aan wat jou gelukkig maak en maak tyd vir dit. Is dit koffie saam met ’n vriendin of ’n bos vars blomme? Koop dit dan vir jouself. As dit ’n lang bad in laventelolie is of om ’n salon te besoek, doen dit!