[OUDIO] Voorkom uitbranding deur kennis en selfsorg

Alle mense voel party dae uitgebrand. Let op die verskil tussen uitbranding en gewone moegheid, en kry dadelik hulp as dit jou oorkom.

Moedeloos druk jy die wekker dood. Jy het nog nie ’n oog toegemaak nie, hoe kan dit al opstaantyd wees? Jou kind kom die kamer ingehardloop om jou ’n drukkie te gee. β€œLos my net alleen, asseblief!” gil jy en voel dan dadelik skuldig oor die optrede.

Klink dit bekend? Dan is die kans goed dat jy op pad is om uit te brand, of reeds daaraan ly.

Uitbranding kom algemeen voor en is geen skande nie. Dit is juis mense wat hulleself dryf om op elke terrein te presteer wat slagoffers word. Super-ma’s.

As jy net ’n ma was, was dinge dalk makliker. Ons moderne samelewing vereis egter van vroue om ma, liefdevolle eggenoot, suksesvolle beroepsvrou en veel meer te wees.

Fisieke en geestelike moegheid is die gevolg van ’n oormaat stres oor ’n lang periode. Die eise wat aan ’n mens gestel word, is meer as wat hanteerbaar is met die hulpbronne beskikbaar.

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die oudio

Méér oudio's

Cathy de Lange, motiveringspreker en besigheidsvrou

Glo jy te veel skermtyd gaan jou kinders se oΓ« vierkantig maak? Daar is ’n tyd en plek vir alles, omhels skermtyd wanneer dit nodig ...

Daar is altyd genesing vir gebroke harte, want ons dien ’n Vader wat dit wat stukkend is, heel en nuut kan maak.

...

Benice Borman, sangeres en motiveringspreker

Ontdek hoe om te midde van vrae en onsekerheid van God se hemelse teenwoordigheid bewus te wees. Ek kan my nie my lewe indink sonder ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!