[OUDIO] Wees altyd bewus van God se teenwoordigheid

Ontdek hoe om te midde van vrae en onsekerheid van God se hemelse teenwoordigheid bewus te wees.

Ek kan my nie my lewe indink sonder die teenwoordigheid van die Heilige Gees nie. Hoe meer jy Sy teenwoordigheid ervaar hoe meer wil jy in Sy teenwoordigheid wees.

In Sy teenwoordigheid verander omstandighede. Jy kan Sy onvoorwaardelike liefde vir jou ervaar!

Dit is soos toe Moses met die Here gepraat het. Hy het gesê: “Here as U teenwoordigheid nie met my is nie, dan gaan ek nêrens heen nie. Ek sal nie ’n enkele tree gee tensy ek nie verseker is dat U met my is nie!”

Moses het besef dat hy sonder Hom niks is nie. Sonder die Here is ons hulpeloos, minder as niks. In die Woord word ons soveel keer bemoedig om God se teenwoordigheid in ons lewens te soek.

Dit is net Sy teenwoordigheid wat deure kan oopmaak, hindernisse verwyder, harte laat sag word en ons vreesloos maak. God se beloftes is onveranderlik.

Sy Woord belowe: “Vir die res van jou lewe, vir so lank as wat jy Hom aanhou soek, sal Hy met jou wees. Wanneer jy Hom om hulp roep, sal Hy Hom deur julle laat vind.”

Sy teenwoordigheid sal jou die vrede gee wat alle verstand te bowe gaan. Ek sing ’n lied wat die teenwoordigheid van God so mooi beskryf: “Hier naby U, vind ek my vrede, hier naby U, kan ek weer lewe, hier naby U verdwyn al my vrese!”

Soek Hom met jou hele hart en begeer Sy teenwoordigheid in jou lewe. Dan sal jy die ongelooflike glorie van God ken en ervaar!

Deel die oudio
Scroll to Top