[OUDIO]Bemagtig jouself vir die uitdagende tye

Jy het ’n nuwe hoofstuk om te skryf en dit lyk glad nie soos jou verlede nie. Bemagtig jouself uit die foute van jou verlede.

Voel jy soos ’n mislukking? ’n Werksprojek of besigheidstransaksie het dalk skeefgeloop. Miskien het jy ’n beduidende beleggingsverlies gely. Of dalk het jy jou huweliksmaat se vertroue geskend, of vriende weens ’n misverstand verloor. Dan moet jy jouself bemagtig.

Begin deur te fokus op dit wat jy kan beheer. ’n Mens se brein is soos ’n stofsuier – dit slurp graag die negatiewe op.

Ons kan enige slegte gewoonte, soos negatiewe denkpatrone, met beter gewoontes vervang. Moenie energie mors op dit wat jy nie kan beheer nie.

Skep nuwe gewoontes deur patrone te identifiseer. Stel vas watter omstandighede, interaksies, tye van die dag of mense bydra tot jou slegte gewoontes. Is daar ’n deurlopende tema, soos byvoorbeeld jou behoefte aan erkenning, in al jou gewoontes?

Hierdie is waardevolle insigte wanneer jy nuwe gewoontes skep.

Besluit hoe die nuwe, beter gewoonte kan lyk. Breek dit dan in kleiner, doenbare, stappe op. Doen dit doelbewustelik.

Gee jouself ’n klein (positiewe!) beloning elke keer as jy die nuwe gewoonte regkry. Dit is belangrik om die boodskap dat die herhaling van die nuwe gewoonte die moeite werd is, aan die brein oor te dra.

Onthou ook, “persistence is better than perfection”. Om ’n gewoonte aan te leer, verg herhaling. Hou aan, hou moed en maak klein aanpassings om die gewoonte te laat posvat.

’n Groei-ingesteldheid is noodsaaklik. Dit beteken dat jy eenvoudig uit ’n ander hoek na mislukkings kyk. Dit is ’n kritieke beginsel in ons hedendaagse lewe. Dit is menslik om foute te maak. Kies om te sien hoe jy persoonlik kan groei of watter les jy uit die situasie kan leer.

Deel die oudio
Scroll to Top