20-30 min. + baktyd 15 min.
4-6 mense
6 hoenderborsies
50 g tamatiepasta
150 g babaspinasie in warm water geweek tot sag
30 g amandelmeel om bakplaat voor te berei en om laaste oor die hoender te sprinkel
Alle pizza-opsies begin altyd met tamatiepasta en babaspinasie wat geweek is.
Ekstra bestanddele
pynappel
rooi slaai-ui, fyngekap
rooi of oranje rissie, opgekap
dennepitte
Sous
2 e sojasous
2 e rou heuning
1 t (opgehoop) vars fyngekapte knoffel
½ t woestynsout
½ t growwe swartpeper
1 t vars tiemie
Meng alles saam tot opgelos.
- Maak die hoenderborsies met ’n koppie sag tot dun.
- Braai in olyfolie tot gaar sonder enige sout of kruie.
- Stel die oond op 200 °C.
- Spuit ’n bakplaat met kleefsproei en besprinkel met amandelmeel.
- Plaas op bakplaat, smeer met tamatiepasta en rangskik babaspinasie bo-op.
- Skep ekstra bestanddele ook op die hoenderborsies.
- Meng die sous.
- Bedruip borsies met die sous en besprinkel met amandelmeel.
- Bak vir 10 tot 15 minute.


