Rosyntjie-en-roosmarynvolstruissteak

Rosyntjie-en-roosmarynvolstruissteak

5 min. + gaarmaak 15 min.

3-4 mense

1 e olyfolie

750 g volstruissteaks of -filette

1 t olyfolie

2 rooi slaai-uie, opgekap

Marinade

4 e olyfolie

4 e rou heuning

sap van 1 lemmetjie

2 t vanieljegeursel

2 handevol rosyntjies in warm water geweek

2 t woestynsout

1 t growwe swart peper

handvol vars roosmaryn, opgekap, vir garnering

  1. Verhit ’n pan met olyfolie tot warm.
  2. Braai volstruissteaks vir 4 minute tot medium gaar, verwyder van die pan en laat staan.
  3. Voeg ’n ekstra teelepel olyfolie in die pan en braai die opgekapte ui tot goudbruin.
  4. Meng intussen die marinade en voeg by die uie, voeg dan ook die geweekte rosyne by en laat die heuning karamelliseer.
  5. Plaas die steaks terug in die pan, en bedek met marinade.
  6. Garneer met vars roosmaryn voor opdiening.
  7. Teken aan

    Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

    Teken in

    Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

    Deel die artikel

Méér artikels

Jy is geroep vir ’n spesifieke doel – om jou gawes en talente te gebruik om God se naam te verheerlik. Doen net dít wat ...

“Soms ervaar ons dat ons God nie hoor nie,” sê LYNETTE BEER, aanbieder van die E–KURSUS God praat – hoor jy dit? God werk in ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!