5 min. + gaarmaak 15 min.
3-4 mense
1 e olyfolie
750 g volstruissteaks of -filette
1 t olyfolie
2 rooi slaai-uie, opgekap
Marinade
4 e olyfolie
4 e rou heuning
sap van 1 lemmetjie
2 t vanieljegeursel
2 handevol rosyntjies in warm water geweek
2 t woestynsout
1 t growwe swart peper
handvol vars roosmaryn, opgekap, vir garnering
- Verhit ’n pan met olyfolie tot warm.
- Braai volstruissteaks vir 4 minute tot medium gaar, verwyder van die pan en laat staan.
- Voeg ’n ekstra teelepel olyfolie in die pan en braai die opgekapte ui tot goudbruin.
- Meng intussen die marinade en voeg by die uie, voeg dan ook die geweekte rosyne by en laat die heuning karamelliseer.
- Plaas die steaks terug in die pan, en bedek met marinade.
- Garneer met vars roosmaryn voor opdiening.