
Begin nou met eksamenvoorbereiding – wen met selfvertroue!
- Aanlyn onderwys-vennoot
- Wolkskool
Help jou kind om vroegtydig met eksamenvoorbereiding te begin. Net soos ’n nuwe oefenprogram is die eerste tree gewoonlik die moeilikste. Moedig hom aan om net te BEGIN!
Wees gemotiveer voordat daar geleer word
Dis altyd makliker vir kinders om enigiets anders te doen as om te begin leer. Skielik wil hulle klere stryk of die vloere mop – dis amper soos towerkuns!
Sodra die woord “leer” genoem word, kry hulle skielik lus om te stofsuig of blare uit die swembad te skep. Hulle sien selfs kans om hul klerekas reg te pak!
Dis belangrik dat ouers weet hulle kind is nie die enigstes nie – hierdie “uitstelgedrag” tref almal die een of ander tyd.
Wat egter van kardinale belang is, is om nie toe te laat dat uitstel in die pad staan nie. Help eerder dat hulle betyds begin. Die gesegde lui immers: van uitstel kom afstel.
Wanneer leerwerk uitgestel word, lei dit tot paniek, en dit het ’n direkte invloed op die kind se leerproses.
Hier volg sewe praktiese maniere waarop jy jou ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Wolkskool is ’n aanlyn leerplatform, ontwikkel deur Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS), wat leer maklik maak. Hier leer kinders nie net feite nie, maar ook geloof, waardes ...
Lede van die Gimnasium Pretoria en Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) het onlangs Australië en Nieu-Seeland besoek om internasionale onderwyspraktyke te verken, soos hulle voorheen in Nederland, ...