Smag jy ook na balans in die lewe?

Smag jy ook na balans in die lewe?

’n Lewe van oorvloed is nie ’n lewe van besigwees en gejaag nie, dis ’n lewe van balans.

Voel jy goed oor die feit dat jy besig is en antwoord jy ook groet-vrae met “Lekker besig, en jy?”, of het jou besigwees al ’n ongemaklikheid en ’n krapperigheid in jou binneste begin veroorsaak?

As jou lewe te gejaagd begin raak, begin verhoudings kraak. Jy kom agter dat jou verhouding met jouself leeg is, asof jy jou siel verloor het. Stadig maar seker word jou verhouding met God ook al hoe leër en ...

’n Lewe van oorvloed is nie ’n lewe van besigwees en gejaag nie, dis ’n lewe van balans.

Voel jy goed oor die feit dat jy besig is en antwoord jy ook groet-vrae met “Lekker besig, en jy?”, of het jou besigwees al ’n ongemaklikheid en ’n krapperigheid in jou binneste begin veroorsaak?

As jou lewe te gejaagd begin raak, begin verhoudings kraak. Jy kom agter dat jou verhouding met jouself leeg is, asof jy jou siel verloor het. Stadig maar seker word jou verhouding met God ook al hoe leër en jou verhouding met die mense om jou dra nie veel betekenis nie.

Gejaagdheid maak nie net jou lewe leeg nie, dit skop leefstylsiektes aan die brand en reduseer jou lewe tot ’n eentonige, eendimensionele lewe wat jy met oogklappe aan leef.

Smag jy dalk na harmonie?

Vra jouself: “Wat kan ek doen om seker te maak dat ek my tyd spandeer op die dinge wat vir my belangrik is?” Het jy ook al jou prioriteite gelyk probeer opdeel en agtergekom daar is nie ewe veel tyd vir alles wat vir jou belangrik is nie? Dit blyk asof balans feitlik onmoontlik is …

’n Lewe van balans is nie om ewe veel tyd aan alles te spandeer nie, dis om in harmonie te leef. Harmonie is om in vrede met God, jouself, ander en die wêreld te leef.

Die vrug van harmonie is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Jy sal ook lewenskrag en heelheid beleef wanneer jy in harmonie leef.

Wat het jou siel nodig om in harmonie te leef? Dis ’n vraag waarmee jy vir ’n rukkie eers sal moet worstel, en die antwoord sal wees as jy ’n manier gevind het om jou energie op so ’n manier te spandeer dat die leë spasies tussen jou verhoudings met jouself, God en medemens weer betekenisvol word.

Die uitnodiging na ongebalanseerde harmonie

Ongebalanseerde harmonie is dalk jou kans op ’n lewe van oorvloed en balans.

Dit beteken nie dat jou tyd altyd gelykop verdeel word tussen jou top prioriteite nie, maar wel dat bogenoemde verhoudings prioriteit geniet en jou lewe ingerig word om daarop te fokus. Jy neem ook jou persoonlikheid, waardes, gawes en lewensfase in ag.

Ek is byvoorbeeld ’n gelukkig getroude pa van twee peuters en my verhouding met hulle en my vrou is van onskatbare waarde. Wanneer jy egter na my kalender kyk, kom dit voor asof ek hulle afskeep omdat ek byvoorbeeld meer as agt ure per dag by die werk spandeer. Gedurende die res van my dag skenk ek ook aandag aan my verhouding met myself en God.

Ons gesin beleef persoonlike en gesamentlike harmonie. My prioriteite is dus ongebalanseerd, maar omdat ek op die enigste prioriteit (verhoudings) fokus, ervaar ek harmonie.

Deel die artikel

Méér artikels

Daar is sekere basiese behoeftes en beginsels wat ons in plek moet hê in ons lewens om voluit te kan leef. Leer hoe om balans ...

Jy droom om iets merkwaardig met jou lewe te doen. CATHERINE VAN HEERDEN help jou bepaal of jou ambisie die tyd werd is wat jy ...

Scroll to Top