Sy kinders sweef met arendsvlerke
- #StilwordSondag
- Norma Rossouw
Maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie.
(Jesaja 40:31)
Kitskos, kitskoffie, kitsbanke, weggooidoeke en kitsgesprekke (WhatsApp en emoji). Sal ons ooit weer sonder kits kan klaarkom? Alles moet NOU gebeur. Selfs ons stiltetyd het kits geword. ’n Bybel-oudio vir tien minute in die kar en dan was ons by die geestelike Drive-Through vir die dag.
Ons het verleer om te WAG! Daarom sukkel ons om te wag op sy beloftes, sy tyd, sy antwoorde en sy vrede. Wag op die Here beteken nie om agteroor te sit en wag dat Hy alles sal doen nie, maar om Hom ten volle te vertrou.
Hy het ’n belofte vir elkeen wat dit in die kitswêreld regkry om op Hom te wag: Hulle sal vlieg met arendsvlerke. Arende is van die vinnigste voëls in die lug. Hulle kan tot 200 kilometer per uur vlieg, en tog sweef hulle rustig op die strome van die wind. Al kan jy volhou by die pas van die lewe, raak rustig ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Ek dink oor die dae van die voortyd, oor die ou, ou jare. Ek wil dink aan my snarespel in die nag, wil peins met ...
Hoor tog my gebed, Here, luister na my hulpgeroep; moet tog nie koud staan teenoor my trane nie, want ek is net op u beskerming ...