Toneelspeel is vir my soos suurstof

Toneelspeel is vir my soos suurstof

LIZZ MEIRING het nie veel meer as toneelspeel nodig om energie binne haar los te maak nie. Daarom glo sy dat elke persoon moet leef soos hulle bedraad is. 

Soms is die kunste van kleins af in jou bloed 

Ek is in Pretoria gebore en daar grootgemaak … Die kunste was van kleins af al in my bloed en ek was nog altyd obsessief-entoesiasties oor my werk.

Die Franse het ’n uitdrukking Raison d’être, wat beteken iets is jou rede vir bestaan. Dit is presies wat toneelspeel ...

LIZZ MEIRING het nie veel meer as toneelspeel nodig om energie binne haar los te maak nie. Daarom glo sy dat elke persoon moet leef soos hulle bedraad is. 

Soms is die kunste van kleins af in jou bloed 

Ek is in Pretoria gebore en daar grootgemaak … Die kunste was van kleins af al in my bloed en ek was nog altyd obsessief-entoesiasties oor my werk.

Die Franse het ’n uitdrukking Raison d’être, wat beteken iets is jou rede vir bestaan. Dit is presies wat toneelspeel vir my beteken en hoekom ek absoluut niks anders met my lewe wou doen nie.

Elke nuwe lewensfase bring ander insigte oor jou pad … Almal groei en ontwikkel wanneer hulle gereed is om na die volgende vlak in hulle emosionele, intellektuele en geestelike lewe te beweeg.

Persoonlik was daar nie een keerpunt in my lewe wat ek spesifiek kan uitwys nie, maar eerder ’n klomp dinge wat soos klippies in die dam van my lewe gegooi is. Elkeen het ’n klein kringetjie op die water se oppervlak gemaak.

Dit het ’n impak gehad op hoe ek dinge – groot en klein – in die lewe sien.

My privaatheid is vir my baie belangrik … Omdat my lewe ’n publieke kant het, beskerm ek ook altyd my binnekring.

Ek het die wonderlikste vriende en kollegas van alle ouderdomme, kleure en geure. Hulle ondersteun my in alles. Maar, ek waardeer hulle meer oor die feit dat hulle my die kaalkop waarheid kan vertel oor die kwaliteit van my werk, sowel as my menswees in geheel.

Jy het of ’n konneksie met iemand, of jy het nie.

Leef vir die dinge wat jou kreatiwiteit prikkel 

Noem my eenvoudig maar net ’n vreugdevolle werkslaaf … Ek is heeltemal te besig vir stokperdjies, maar ek leef vir die dinge wat my kreatiwiteit prikkel.

Enigiets wat my kan uitdaag, nuuskierig maak of inspireer, jaag ek hartstogtelik na. Óf dit nou letterkunde, musiek, argeologie, kuns, argitektuur óf mitologie is, dit moet absoluut my skeppende kant kan stimuleer.

Omdat ek self fiksie skryf, kyk ek dit nie graag nie. Ek sal eerder voor die kassie ontspan en ’n dokumentêre reeks met ’n geskiedkundige aanslag kyk.

Die lewe kan nie net altyd ernstig wees nie … Al het ek minder snaakse rolle in my loopbaan gespeel, is lag baie belangrik vir my omdat dit spanning verlig en goedvoelhormone vrystel.

Dit is ook goeie oefening vir jou maag- en gesigspiere, en watter vrou sal dit nou nie waardeer nie?

Ons land se mense maak mos maar grappies van ernstige situasies, en al kan dit soms gal en donker wees, sal ons altyd iets positiefs uit die slegte maak.

Om onbeskaamd myself te wees, maak my eg … Elkeen is uniek geskape en moet wees wie die liewe Vader haar gemaak het.

Dan sal niemand ooit eendag terugkyk met spyt en verwyte oor die geleenthede wat hulle gemis het, of die dinge wat hulle nooit probeer het nie.

Wanneer jy jouself is, kan jy werklik ’n verskil maak. Doen wat jou gelukkig maak en moet nooit toelaat dat iemand anders jou in ’n boksie probeer dwing waarin jy nie pas of hoort nie.

Deel die artikel

Méér artikels

CHANTEL STRUWIG werk hard om die beste weergawe van haarself te wees en sodoende lewens te verander. Sy gebruik sosiale media om vroue te motiveer. ...

Aanbieder en aktrise LINDIE STRYDOM het geleer om die wonder van die klein oomblikke te omhels en vreugde te vind in die lewe se kleinste ...

Scroll to Top