Uiteindelik het net een opsie oorgebly: aanneming

Uiteindelik het net een opsie oorgebly: aanneming

SUZIE ZIJLSTRA van Kempton Park is in graad 11 verkrag en het swanger geraak. Sy moes die hartverskeurende besluit neem om die baba te laat aanneem.

Wat ’n voorreg om hom te kon leer ken! Hy is ’n man met ’n sterk persoonlikheid en hy weet presies wat hy uit die lewe wil hê. Hy leer vir ’n pastoor, want hy wil vir die Here werk. Iets waarop enige ma sal trots wees.

Juan se lewe het traumaties begin. Ons was as ’n klompie maats saam by ’n partytjie en het later na iemand se huis toe gegaan. Twee seuns het agteraf gefluister. Een het my gevra om seks met hom te hê. Toe ek weier, het hy my doodeenvoudig gedwing. Ná die tyd het ek op ’n hopie bly lê en bitterlik gehuil.

Hoe vertel jy dit vir iemand? Wie sal jou glo? Toe my maandstonde wegbly, was dit tyd om iemand daarvan te sê. My sussie het eerste die nuus gehoor. Sy het ons ouers vertel en die bal is aan die rol gesit.

Die seun was bereid om te trou, maar dit het ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

LIZETTE COETZEE se sprokiesverhaal het presies op die oomblik begin toe haar wêreld in duie gestort het weens al die spanning wat sy moes verduur. ...

JOHANNI STEENKAMP, suksesvolle besigheidsvrou, voorkomskonsultant en prokureur, het besluit dat vrees en verwerping haar nie gaan terughou nie. Ek weet hoe ongevraagde kritiek, die vrees ...

Scroll to Top