
Uittreksel uit Hospitaal Weltevreden, deur Riaan Grobler
- Boek-uittreksels
- Luca
Drie vriendinne, een hospitaal en hope intrige. Hospitaal Weltevreden deur Riaan Grobler is ’n boeiende hospitaalroman vol opwinding en deernis met lewensgetroue karakters. Die verhaal volg die lief en leed van dokters, pasiënte en hul naastes.
Ná ’n halfuur laat weet die suster die skandering is beskikbaar. Dit is toe presies wat Anna-Mart vermoed het.
“Bel asseblief vir dokter Tredoux?” vra sy sonder om vir die suster te verduidelik. Louise moet dadelik kom.
“Is daar dan fout, Dokter?” vra die pasiënt bekommerd.
“Wees u maar rustig, meneer Steyn. Ek win net ’n tweede opinie in,” probeer sy hom kalmeer. Sy sal maar eers wag vir Louise om na die skandering en bloedtoetse te kyk.
Louise is binne minute by hulle. Kort treetjies. Haastig. Die uitslae van die bloedtoetse is ook reeds beskikbaar. Louise kyk na die skandering, skud haar kop, kyk na die uitslae van die bloedtoetse en bestudeer dit. Sonder om iets vir Anna-Mart te sê, stap sy na die pasiënt toe.
“Goeiedag, meneer Steyn. Ek is dokter Tredoux en ek is ’n onkoloog van die hospitaal. Dinge lyk nie goed nie. Jou pankreasensiem is baie hoog en die skandering toon ’n duidelike kol op jou pankreas. Dit ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.