Veilig in die skadu van God se vleuels

Veilig in die skadu van God se vleuels

Beskerm my soos die appel van u oog, steek my weg in die skaduwee van u vleuels vir die goddeloses wat my wil oorweldig, die doodsvyande wat my omsingel.
(Psalm 17:8)

Hoe groot is ons God. Hy omring ons elke oomblik van elke dag, waar ons kom of gaan. Soms, laat in die nag as ek wakker lê, luister ek na die klanke rondom my. Dikwels, as die reën val, besef ek hoe groot ons God eintlik is. Hy sien elke ding raak wat ons nodig het.

My pa was nie ’n gesonde ...

My pa was nie ’n gesonde man nie en vandat hy 23 jaar oud was het hy aan ’n bepaalde siekte gely. My pa was ’n ongelooflike man. Ja, hy het sy foute gehad, maar hy het altyd die Here se Woord aan sy kinders geleer. Kerk was deel van ons lewe. Wanneer my pa bang was, het hy die vers hierbo aangehaal. Ons is veilig in die skaduwee van God se vlerke. Hy hou ons styf vas en sal ons sekerlik in elke situasie waarin ons ons bevind, vashou en deurdra.

Vandag wil ek jou aanmoedig om uit te gaan en doelbewus te kyk vir God se seëninge. Ons is omring deur so baie. Ons gesinne, ons vriende, die elektrisiteit wat gelewer word, kos in ons mae. Ons kla so maklik net oor alles wat verkeerd is. Maar jy kan ’n keuse maak om die goeie raak te sien.

Bid tot die Here vandag dat Hy aan jou sy seëninge sal openbaar. Ook dat jy herinner sal word dat jy die appel van sy oog is, en dat jy veilig in die skaduwee van sy vlerke is.

Hy is ’n grote God, Hy is in beheer. Maak hom die Meester van elke beweging van jou, vandag en elke dag in jou toekoms. Moenie die pad alleen probeer stap nie – neem Hom saam.

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top