God hoor en verhoor jou gebede

God hoor en verhoor jou gebede

... omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra.

(1 Johannes 5:14-15)

Ek het ’n liedjie geskryf oor weggooigebedjies; daardie gebedjies wat ons sommer so vinnig of terloops in die kar bid en dan binne vyf minute vergeet. Op ’n dag vind jy tog uit dat God daardie gebedjie verhoor het.

Ek was al stomgeslaan oor hoe groot God is ...

… omdat Hy ons gebede verhoor as ons enigiets volgens sy wil vra. En aangesien ons weet dat Hy ons gebede verhoor as ons iets só vra, weet ons ook dat ons kry wat ons van Hom vra.

(1 Johannes 5:14-15)

Ek het ’n liedjie geskryf oor weggooigebedjies; daardie gebedjies wat ons sommer so vinnig of terloops in die kar bid en dan binne vyf minute vergeet. Op ’n dag vind jy tog uit dat God daardie gebedjie verhoor het.

Ek was al stomgeslaan oor hoe groot God is in sy voorsiening in die klein en groot dinge in my lewe. As God Hom ontferm oor die kleinste dingetjies in ons lewe, hoeveel te meer sal Hy dan nie ons ernstige smeekgebede en uitroepe aanhoor en beantwoord nie?

Ons Vader is ’n God wat vir ons wil gee in oorvloed. Hy is so groot dat sy skatkamers nooit uitgeput raak nie. Hy is so groot dat Hy elkeen van ons wat bid, hoor. Hy voorsien in ons behoeftes, al kry ons nie altyd spesifiek dít waarvoor ons gevra het nie. Hy wil hê ons moet met Hom gesels en ken in alles wat ons doen. Juis daarom sal Hy luister na ons gebede.

Is jy een van daardie mense wat voel jy bid, maar God verhoor nie jou gebede nie? God sal ons altyd antwoord wanneer ons bid volgens sy wil. Daarom is dit so belangrik om uit te vind wat sy wil vir ons lewe is. Daardie antwoord kry ons wanneer ons sy Woord bestudeer en tyd op ons knieë deurbring.

Skaf vir jou ’n gebedsboekie aan. Skryf elke gebed wat jy bid daarin neer, asook die datum, en los ’n plekkie waar jy ’n regmerkie kan maak wanneer God hulle verhoor. So sal jy sy lewende en werkende hand in jou lewe sien, beleef en ervaar. Dit sal jou geloof versterk en jou gebede van krag tot krag neem.

Deel die artikel

Méér artikels

Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: Hy wat in die gestalte van God was … het Homself verneder ...

“Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. (Matteus 14:29) Ons ervaar so dikwels in ...

Scroll to Top