Verbeter jou gesondheid met die nuutste tegnologie
- Gesond
- Ellenore Meyer
Mediese innovasie vorder teen ’n geweldige tempo en stel ons in staat om toenemend beheer oor ons welstand te neem.
Verskeie oplossings gefokus op die reproduktiewe gesondheid van vroue veroorsaak ’n omwenteling in die mediese veld.
Een hiervan is ’n toestel wat die basale liggaamstemperatuur meet. Dit help die gebruiker om haar vrugbaarheidsvenster te bepaal deur haar ovulasiesiklus meer akkuraat te volg.
Daar is ook toepassings wat jy op jou foon kan aflaai wat ’n soortgelyke doel dien. Nog ander toepassings help om jou menstruele siklus te monitor.
Vir nuwe mammas is daar enigiets van dag-tot-dag voorgeboorte-inligting en leiding oor die ontwikkeling van die baba, tot nageboorte-ondersteuningsgroepe wat elektronies beskikbaar is as jy sukkel met depressie of borsvoeding of net raad wil hê.
Gesondheidstegnologie stel mammas in staat om met hulle foon hulle baba se harttempo dop te hou.
Jy kan selfs ’n toep aflaai wat jou help om jou borste te ondersoek. Met behulp van infrarooi- en ligfrekwensies ontleed dit die kontoer en weefsel van jou bors en sê dan vir jou of jy vir verdere ondersoek na ’n ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Metaboliese sindroom is ’n leefstylsiektetoestand wat wêreldwyd al hoe meer voorkom en hou ’n enorme bedreiging vir jou gesondheid in. Metaboliese sindroom kom by een ...
Oudword is een van die onvermydelike realiteite van die lewe. Hierdie nuwe tydvak hoef egter nie ’n krisis te wees nie. Hoe jy hierdie metamorfose ...