Minette Visser Minette Visser Oudio Minette Visser Video Nuwe Jy Mentor Voelgoed Mentor Belangriksheid van water Is water regtig vir ons belangrik? Hoeveel water moet ons inneem?

Die geheim vir ’n lang, gesonde lewe

As ons ’n lang en gesonde lewe wil hê, moet ons ons perspektief oor kos en oor ’n gesonde leefstyl verander. Dit begin alles by balans.

2020 was Japannese vroue se lewensverwagting ’n indrukwekkende 84,67 jaar. In Suid- Afrika is vroue se lewensverwagting heelwat minder – 64 jaar. Wat doen Japannese vroue dan anders?

Die vroue in Japan het die mooiste vel. ’n Mens sukkel regtig om hulle ouderdom te skat.

Blou sones is waar mense die langste lewensverwagting in die wêreld het. Okinawa is ’n eiland in Japan. Daar raak die gemiddelde vrou 90 jaar oud. Daar is ’n paar blou sones in die wêreld en daar doen mense min of meer dieselfde dinge.

Hulle eet amper geen geprosesseerde kosse nie en eet meestal vrugte en groente. Hulle eet ook meer vis as rooivleis. En laastens, maar beslis nie die minste nie, beskou hulle kos as medisyne.

Die mense in hierdie blou sones eet seisoenaal. Hulle slaap genoeg en spandeer baie tyd buite in die natuur.

Hulle beweeg ook daagliks – hulle hardloop nie noodwendig marathons nie, maar hulle ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Daar is verskeie risikofaktore wat jy in ag moet neem voordat jy besluit of jy medikasie vir cholestrol gaan gebruik of nie. Statien verlaag cholesterol ...

Seksualiteit is deel van ons fisieke en emosionele welstand, tog is vroue dikwels skaam om met hulle dokter hieroor te gesels. Seks is iets waaroor ...

Scroll to Top