Vergeet van die “ek”, dis “ons”

Vergeet van die “ek”, dis “ons” 

Al ooit gewonder waarom julle meer soos opponente in ’n bokskryt as vennote in ’n huwelik voel? Die oplossing is – verstaan mekaar, en vier dan julle verskille! 

Só oefen julle om ’n span te wees

As ’n paartjie trou, dink hulle dat alles outomaties reg sal verloop, want hulle is mos lief vir mekaar. Maar hoekom sukkel hulle dan so om saam te stem oor dinge?

In sy boek Men and Women: Enjoying the Difference gee dr. Larry Crabb die antwoord. Hy beweer dat mans en ...

Al ooit gewonder waarom julle meer soos opponente in ’n bokskryt as vennote in ’n huwelik voel? Die oplossing is – verstaan mekaar, en vier dan julle verskille! 

Só oefen julle om ’n span te wees

As ’n paartjie trou, dink hulle dat alles outomaties reg sal verloop, want hulle is mos lief vir mekaar. Maar hoekom sukkel hulle dan so om saam te stem oor dinge?

In sy boek Men and Women: Enjoying the Difference gee dr. Larry Crabb die antwoord. Hy beweer dat mans en vroue koppe stamp omdat hulle selfgesentreerd is. Elkeen wil graag sy of haar sin kry.

Hy glo dat elke man presies het wat sy vrou nodig het, en andersom. As elkeen dus meer op die ander party se geluk fokus, gee hulle outomaties vir mekaar daardie dinge. Dan ontwikkel daar ’n kosbare intimiteit in die huwelik, soos dit oorspronklik bedoel is.

Daar word gesê die grootste toets vir enige huwelik is om ’n muur met muurpapier uit te plak.

As julle dit al probeer het, sal jy weet ’n mens kry dit net reg as al twee absoluut saamwerk.

Gelukkig is daar ook ander maniere om te oefen. Speel byvoorbeeld ’n bordspel, soos Pictionary, waar julle aan dieselfde kant is en mekaar moet help om te wen.

By die huis het elkeen gewoonlik sy of haar eie take. Dit is goed om ’n bietjie weg te gaan, want daar is meer geleenthede om saam iets te doen. Dink daaraan om vir ’n naweek iewers te gaan kamp. Van tent opslaan tot vuurmaak – in die bos is daar meer as genoeg geleenthede om mekaar te help.

Om ouers te word is seker die beste manier om ’n span te wees. As daardie bloedjie haar eerste skreeu gee, weet jy al: Ek kan dit nie alleen doen nie! En word die kinders ouer (en slimmer!), vra dit ’n verenigde front om te keer dat die kroos Ma en Pa teen mekaar afspeel.

Kommunikeer openlik met mekaar en verdeel huishoudelike take regverdig 

Niks laat die huweliksbootjie so vinnig kantel soos ’n wanbalans in huishoudelike verantwoordelikhede nie. As vroulief voel sy sloof haar af, terwyl manlief sit en TV kyk, gaan die negatiwiteit oorspoel na ander areas van die verhouding.

Bepaal heel eerste julle doelwitte. Besluit saam wat die belangrikste is. Is dit byvoorbeeld ’n silwerskoon huis of eerder meer tyd saam as gesin? Gesels oor die toegewings wat gemaak kan word. As die hele gesin inspring en help huis skoonmaak, sal daar mos meer gesinstyd wees.

Maak ’n lys van al die verantwoordelikhede. Op hierdie lys kom enigiets van die hond kos gee tot kinders rondkarwei. Gesels met jou maat en besluit wie waarvoor verantwoordelik gaan wees. Julle kan ook die kinders by sekere take betrek. Besluit ook of daar hulp van buite af ingeroep moet word, soos om tuindienste te kry.

Só ’n lys is egter nie die alfa en die omega nie. As jy ’n taai week by die werk het, sal Pa dalk die kinders moet gaan oplaai, al is dit nie normaalweg sy verantwoordelikheid nie.

Hy sal natuurlik net weet wat jou behoeftes is as julle daaroor gesels (en andersom). Gebruik dus tegnologie soos WhatsApp en e-pos om deur die dag kontak te hou.

Moenie kritiseer of oorneem nie. As jou maat nie beleef dat jy hom met die taak vertrou nie, kan hy dalk besluit om glad nie meer te help nie. Sê eerder gereeld dankie, al is die kombuisvloer sopnat nadat hy die skottelgoed gewas het!

Deel die artikel

Méér artikels

Paartjies wat trou, glo dat hulle nugter is oor wat voorlê. Tog is dit dikwels dieselfde mense wat later skei. ’n Strategiese plan is die ...

Haat jy dit as jou man alleen sy eie ding wil doen? Of pla sy besitlikheid jou? Dalk lê die oplossing in sy ouerhuis. Jou ...

Scroll to Top