Verminder selluliet en kry jou boude en bene fermer

Verminder selluliet en kry jou boude en bene fermer 

Hoe raak ek van die kuiltjies in my bobene ontslae? Dalk met ’n wonderroompie of ure lange kardio-oefening of deur net blare te eet? 

Dit is sekerlik ’n vraag waarmee die meeste van ons worstel. Navorsing toon dat meer as 90% van vroue al êrens in hulle lewe selluliet gehad het of nog steeds daarmee sukkel.

Dié onaansienlike kuiltjies verskyn wanneer die bindweefsel onder die vel verswak of elastisiteit verloor en die onderliggende vetreserwes na die oppervlak laat deurdring, waar hulle sigbaarder word. Vroue se bindweefsel is anders saamgestel as mans s’n, daarom is dit opvallender by vroue. Gene, hormone en leefstyl speel ook ’n rol in die voorkoms van selluliet.

Die goeie nuus is dat daar maniere is om hierdie probleem aan te pak. Kosmetiese behandeling is een antwoord, maar dit is net tydelik en baie duur. ’n Mens moet eerder fokus op minder drastiese oplossings wat blywend is.

Oefening is (soos altyd) nommer een! Dit kan die sigbaarheid van bestaande selluliet verminder of voorkom dat dit ontwikkel. Kardio-oefening kan help om vet onder die vel te verminder deur meer energie te verbrand, terwyl kragoefeninge ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Glo dit of nie, elkeen van ons het ’n perfekte sespak. Om jou mooi maag met trots te kan wys, moet jy van die vetjies ...

’n Baie algemene opvatting is dat jy urelange kardiosessies moet doen om vet te verbrand. Doen eerder kragoefeninge om jou metabolisme te versnel. Kardio is ...

Scroll to Top