GRETHA WIID │Vergifnis beteken nie om alles te aanvaar nie

Vergifnis ná verraad en egskeiding is nie maklik nie. Gretha Wiid moes leer om te vergewe, maar ook om gesonde grense te trek en haarself te kies.

Vergifnis is ’n groot onderwerp, en as ek terugkyk op my reis, was dit lank en uitmergelend. My vergifnispad het begin toe my huwelik verbrokkel het. Ek was gebroke, stukkend en seer, maar ek het geweet wat God vir my oor genade, vryspraak en vergifnis sê.

Ek moes leer om nie net oor vergifnis te praat nie, maar dit werklik uit te leef. Een van my mooiste draaipunte was toe die Here my uitgedaag het: “Gretha, sal jy vir hulle begin bid en sal jy hulle seën?”

Vergifnis beteken nie dat ek alles moet aanvaar nie. Ek wens ek het vroeër besef ek hoef nie elke keer vir die verhouding te baklei wanneer daar verraad, ’n affair of emosionele mishandeling is nie.

Vir my gaan herstel ook oor perspektief en gemeenskap. Stap saam met gesonde mense. En soms beteken genesing dat jy ’n grens trek en besef: Ek hoef nie in hierdie huwelik te bly nie.

Deel hierdie inhoud:

Meer Video's

Scroll to Top