[VIDEO] Bykomstighede sit die uitroepteken op jou uitrusting 

“Jou bykomstighede vertel vir mense ’n storie – sonder dat jy ’n woord uiter kan hulle sien wie jy is en wat jou storie is,” sê SUNET VERMAAK.  

Wat sit die uitroepteken op jou uitrusting? Wat vir mense sê: Hierdie is Sunet s’n. Of hierdie is Susan s’n, of hierdie is Marie s’n. Hierdie is haar persoonlikheid.

Hoe kan ek sien of iemand ’n dramatiese stylpersoonlikheid is? Dat sy natuurlik is, of ’n gamine of ’n ingenue?

Jou bykomstighede is wat vir die mense daar buite vertel wat jou storie is, sonder dat jy een woord hoef te spreek.

Voor jy nuwe klere gaan koop, gaan koop eerder vir jou bykomstighede. Gaan koop vir jou serpe. Gaan koop vir jou belde. Gaan koop vir jou ’n handsakke. Gaan koop vir jou ander tipe skoene. Gaan koop vir jou kimono’s of truie. Miskien is jy ’n baadjie vrou – gaan koop vir jou mooi baadjies wat by jou basiese goed gaan pas.

Brei jou kas so uit, in plaas daarvan om geld te gaan spandeer op nuwe klere en nuwe klere en nuwe klere.

Deel hierdie inhoud:

Meer Video's

Scroll to Top