[VIDEO] Die grootste uitdaging van enkelouerskap
- Ouerskap [Video]
- Dorette potgieter
Na jare van enkelouer wees is TV-persoonlikheid, DORETTE POTGIETER onlangs getroud met die liefde van haar lewe. Haar storie dra ’n boodskap van moed.
Om ’n enkelmamma te wees of alleen in ’n huis te wees sonder ’n ander volwassene, beteken jy moet leer om jouself “vas te hou”.
Jy moet ’n verhouding met die Here bou sodat, wanneer jy alleen is, jy die Heilige Gees kan toelaat om jou te omvou. Dit is dan wanneer jy werklik verstaan wat dit beteken om ’n kind van God te wees.
Ek dink die grootste uitdaging van enkelouerskap is om die ander ouer toe te laat om deel te wees. As jy hom nie toelaat om sy rol te speel nie, benadeel jy jou kind.
Ongeag hoe julle verhouding lyk, moet jy ’n veilige omgewing skep. Dit laat jou kind toe om die ander ouer ten volle te vertrou.
As jy jou eie seer en gebrokenheid nie opsy kan sit nie, sal dit later terugkom om jou te byt. Gee jou kind die kans om ’n verhouding met die ander ouer te bou.
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die video
Méér video’s
Reynardt Hugo
- Reynardt Hugo
REYNARDT HUGO, die geliefde dr. Tertius Jonker in Binnelanders, se reis van angs en depressie na verlossing is ’n inspirerende getuienis van geloof en hoop. ...
Wouter Snyman
- Wouter Snyman
Die beste tyd om vir aftrede te begin spaar is in jou vroeë twintigs, maar sê nou ek het dit nie gedoen nie, is alles ...
Catherine van Heerden
- Catherine van Heerden
“Stres is ‘n teken dat iets in jou lewe aandag nodig het, kyk wat jy kan verander en neem klein stappe om dit beter te ...