ELOISE CUPIDO, ’n geliefde Suid-Afrikaanse aktrise, TV-aanbieder, radio-omroeper en gesoute seremoniemeester, het al baie keerpunte gehad in haar lewe.
Ek het baie gehad waar ek moes kies tussen “ja” en “nee”. Soms op ’n gut-gevoel, sonder al die nodige feite.
Soos toe ek as 17-jarige in Montague gebly het en later na Pretoria is om te studeer, hoewel ek niemand daar geken het nie. Onlangs moes ek besluit of ek by werkplekke wil bly wat my nie eer nie.
In ons bedryf is daar ’n konsep dat jy nie “nee” sê nie uit vrees om kliënte te verloor. Ek het harde werk verrig, maar besef dat tyd saam met my seuntjie, die belangrikste persoon in my lewe, afskeep.
Eenkeer het sy opmerking oor my werkroetine my diep geraak, en ek het besef geen werk is belangriker as my kind nie.
Ek wil hê hy moet onthou dat ek daar was vir sy belangrike oomblikke. Ek moes dus besluite neem, fokus op bande met hom smee terwyl hy nog jonk is.
Hierdie ervarings het my besluitneming beïnvloed, veral omdat ek ’n kind het. Ek is nou meer bewus van wat ek kies.
