[VIDEO] Die krag van geloof, hoop en ’n ondersteunende familie 

Die sangeres en liedjieskrywer LIEZEL PIETERS is ’n bekende gesig op die Krone-verhoog. Sy gesels oor geloof, hoop én die ondersteunende krag van familie. 

Dis vir my belangrik om te weet waarheen ek op pad is, wie my Skepper is en dat ek ’n pad met my liewe Vader stap. Hy wil hê ons moet Hom eer, dankie sê en prys.  

En dit is presies wat ek wil doen. Ek wil Sy pad loop. Ek wil só deur die Heilige Gees gelei word dat ek weet wat ek vanaand of môre doen, is omdat Hy my soontoe lei.  

Dit is belangrik om hoop te hê. My groot hoop in my lewe is om te hoop dat my keuse vir die toekoms genoeg sal wees om my te kry tot waar die Here my wil hê en om ’n suksesvolle loopbaan te lei.  

Ek het ’n wonderlike familie en ’n wonderlike opvoeding gehad. My familie was baie ondersteunend. Ek het soveel kere op my knieë gegaan om dankie te sê vir hulle wat my ondersteun het en my deur baie dinge gedra het. 

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die video

Méér video’s

Gustav Gous

GUSTAV GOUS se werk weerspieël ’n diep verbintenis om ander te bemagtig. Hy gesels oor gesonde selfstandigheid en hoe om jou toekoms te verbeter. Te ...

Lynette Beer

Deernis beteken om daar te wees vir iemand anders. Om haar by te staan en te laat weet sy is nie alleen nie. Maar ons ...

Gretha Wiid

Baie mans skram weg daarvan om hulleself geestelik en emosioneel voor hulle vrou te ontbloot. Hulle sukkel byvoorbeeld om voor hulle vrou te bid.

...
Scroll to Top