[VIDEO] Die krag van geloof, hoop en ’n ondersteunende familie 

Die sangeres en liedjieskrywer LIEZEL PIETERS is ’n bekende gesig op die Krone-verhoog. Sy gesels oor geloof, hoop én die ondersteunende krag van familie. 

Dis vir my belangrik om te weet waarheen ek op pad is, wie my Skepper is en dat ek ’n pad met my liewe Vader stap. Hy wil hê ons moet Hom eer, dankie sê en prys.  

En dit is presies wat ek wil doen. Ek wil Sy pad loop. Ek wil só deur die Heilige Gees gelei word dat ek weet wat ek vanaand of môre doen, is omdat Hy my soontoe lei.  

Dit is belangrik om hoop te hê. My groot hoop in my lewe is om te hoop dat my keuse vir die toekoms genoeg sal wees om my te kry tot waar die Here my wil hê en om ’n suksesvolle loopbaan te lei.  

Ek het ’n wonderlike familie en ’n wonderlike opvoeding gehad. My familie was baie ondersteunend. Ek het soveel kere op my knieë gegaan om dankie te sê vir hulle wat my ondersteun het en my deur baie dinge gedra het. 

Teken aan

Meld aan indien jy reeds geregistreer is om die volledige artikel te sien.

Teken in

Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die video

Méér video’s

Prof. Elain vlok

PROF ELAIN VLOK, die stigter van Clover Mama Afrika, se werk is ’n bewys van wat gebeur wanneer iemand hul hart in die diens van ...

Isak Burger

[Episode 8 – Video-reeks: Wat die Bybel se oor die lewe na die dood] Daar is soveel stories van mense wat nabydood-ervarings gehad het wat ...

Reynardt Hugo

REYNARDT HUGO, die geliefde dr. Tertius Jonker in Binnelanders, se reis van angs en depressie na verlossing is ’n inspirerende getuienis van geloof en hoop. ...

Scroll to Top