[VIDEO] Stap uit jou gemaksone en groei

“Die oomblik wanneer jy verantwoordelikheid vir iets aanvaar, ook dinge wat jy nie veroorsaak het nie, kan jy beheer neem van jou lewe,” sê LYNETTE BEER. 

Ten spyte van uitdagings is elkeen van ons toegerus met ʼn innerlike krag en veerkragtigheid wat ons maklik as vanselfsprekend aanvaar, totdat swaarkry ons pad kruis. Ons kan uit die as opstaan en van onsself nuwe mense maak.  

Sien uitdagings en moeilike tye as geleenthede. Die voordeel van moeilike tye is dat dit ideaal is vir eksperimenteer en vernuwing, bloot omdat dit jou dikwels geen ander keuse laat nie. 

Verandering is nie ʼn keuse nie, dit is ʼn vereiste vir oorlewing. As jy nie groei nie, is jy besig om stadig dood te gaan. Groei is hoop met nimmereindigende moontlikhede. Om te groei is om gewillig te wees om jou gemaksone te verlaat.  

Suksesvolle mense neem verantwoordelikheid vir alles wat in hulle lewens gebeur. Onsuksesvolle mense blameer ander of omstandighede. Dis nodig om verantwoordelikheid te aanvaar vir die foute wat jy gemaak het, maar ook vir die dinge wat met en rondom jou gebeur.  

Deel hierdie inhoud:

Meer Video's

Scroll to Top