[VIDEO] Voel gemaklik in jou liggaamsvorm met die regte klere 

“Kyk wat is jou silhoeët – gaan staan voor die spieël of vra ’n vriendin. Kyk dan dat jou klere in harmonie is met jou silhoeët,” sê SUNET VERMAAK.  

Party vrouens het skouers wat baie hoekig is, met baie nou heupe. Wat goed by haar gaan werk is style wat styf is, met konstruksie. Sy gaan goed lyk in stywe lap met driehoekige, skerp punt detail. 

Sommige vrouens het weer hoekige skouers, wat gebalanseer is met haar heupe. Sy het nie baie van ’n middellyn nie. Sy gaan ook stywe lap dra, maar ons wil hê haar silhoeët moet reguit wees.  

Soos wat ons ouer word is ons skouers dalk nog steeds gebalanseerd met ons heupe is, maar nou dra ek ’n bietjie gewig om my middellyf. Die silhoeët moet dan steeds reguit en hoekig wees, maar die lap moet nou sag wees. 

’n Soft curve of peervormige lyf, gaan die mooiste lyk in nóg ’n sagter lap. Hierdie vrou se skouers is gerond, sy het ’n definitiewe middeltjie, maar sy het ook bietjie heupe. Iets wat tipes vir haar sal werk is ’n sagte lap baadjie met ’n geronde kraag en soom. 

’n Full curve silhoeët het ’n groterige borsmaat, ’n nou middeltjie en sy het heupe. Sy moet wys sy het kurwes op ’n mooi manier. Sy benodig ’n goeie pas, maar in ’n sagte en vloeiende materiaal.  

Deel hierdie inhoud:

Meer Video's

Scroll to Top