[VIDEO] Wanneer jou verwagting van ouerskap verskil van die realiteit
- Ouerskap [Video]
- Serahni Symington
Dr. SERAHNI SYMINGTON, spelterapeut en Voelgoed se ouerskap-mentor, gesels oor die ontnugterings van ouerskap en die draaiballe wat ma’s elke dag trotseer.
My verwagting van ma-wees en die realiteit het nie ooreengestem nie. Ek het gedink ek gaan elke oomblik geniet, elke opstaan, elke vuil doek. Maar die ontnugtering kom wanneer jy moeg is en jou lyf net soveel kan doen. Ek het geleer om vir myself te sorg.
’n Mens het die verwagting dat die stories wat jy hoor nie met jou gaan gebeur nie, jy gaan elke oomblik geniet, want dit gaan vinnig verby. Maar wanneer jy in dit is, is dit moeilik en jy voel permanent soos ’n mislukking.
Die verwagting was dat ek elke oomblik sou indrink, maar die realiteit was dat die lewe onvoorspelbaar is en jy kan dit nie beheer nie, veral nie met ’n kind nie.
Die kosbare oomblikke kry ’n mens deur moeilike tye. Vir my is dit nie die groot gebeurtenisse soos ’n kind wat ’n trofee wen nie, maar die alledaagse oomblikke.
Teken in
Teken gratis in om volledige artikel te lees indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die video
Méér video’s
Lynette Beer
- Lynette Beer
[Episode 9 – Video-reeks: Geheime rakende persoonlikheidstipes] [Lynette Beer] ’n Geruste Groen kan nogal langdradig wees en kom soms voor as lui. Hulle onderdruk hulle ...
Bianca van Rensburg
- Bianca van Rensburg
Oefen jy net wanneer jy gewig wil verloor? Wanneer jou boude ’n bietjie kleiner moet wees vir daardie nuwe denim? Oefening hou egter soveel meer ...
Jo Black
- Jo Black
Roem is bloot die prys van sukses. Bekende sanger JO BLACK se ware nalatenskap lê in hoe hy sy kinders en diegene rondom hom beïnvloed. ...