Voel jy vas? Ontdek hoe afstand jou perspektief kan verander

Voel jy vas? Ontdek hoe afstand jou perspektief kan verander 

Verander jou perspektief met afstand. ETIENNE PIEK leer jou hoe ’n tree terug kan lei tot persoonlike groei, vars idees en ’n heel nuwe toekoms 

Afstand help jou om balans te vind in ’n besige lewe 

Een van die mees deurslaggewende oomblikke van my lewe was 5 895 meter bo seevlak, bo-op berg Kilimanjaro. Ek onthou nog die tekort aan asem, die warboel van emosies wat gewissel het van menslike broosheid tot persoonlike oorwinning, en toe die skielike gewaarwording dat álles skielik anders lyk ...  

Die hoogte ...

Verander jou perspektief met afstand. ETIENNE PIEK leer jou hoe ’n tree terug kan lei tot persoonlike groei, vars idees en ’n heel nuwe toekoms 

Afstand help jou om balans te vind in ’n besige lewe 

Een van die mees deurslaggewende oomblikke van my lewe was 5 895 meter bo seevlak, bo-op berg Kilimanjaro. Ek onthou nog die tekort aan asem, die warboel van emosies wat gewissel het van menslike broosheid tot persoonlike oorwinning, en toe die skielike gewaarwording dat álles skielik anders lyk …  

Die hoogte en afstand het ’n ander perspektief laat deurbreek op ’n werklikheid wat dikwels meer as oorweldigend is. Dit was asof ek vir ’n oomblik bo-op die Vader se skoot kon klim en die wêreld deur Sy oë kon bekyk.  

Wat aan die voet van die berg na onoorkomelike realiteite gelyk het, was skielik minder intimiderend. Wat besonders en indrukwekkend was, was skielik klein en amper onbenullig.  

Afstand bring perspektief en dít wat ek op berg Kilimanjaro geleer het, geld ook vir ons oorvol lewens van elke dag. Dit is daarom krities belangrik om gereeld, en intensioneel, net so bietjie weg te stap van alles wat ons tyd en aandag opeis en seker te maak dat ons alles wel in perspektief sien.  

Dis in hierdie stil oomblikke, weg van die oordonderende realiteit van elke dag se besigwees, dat ons dit regkry om ons lewens te herkalibreer, nuwe balans te kry en met nuwe nugterheid, visie en energie die volgende fase tegemoet te loop.  

Wanneer ons net ongehinderd voortploeter in ons daaglikse besigwees, skep dit ’n chaotiese wêreld binne-in ons waar ons uiteindelik teen ’n al hoe sneller pas leef en heen-en-weer geskommel word, sonder ’n verstaan van wie ons is en waarheen ons op pad is.  

Dis dan wanneer ons op die ashope van uitbranding en depressie beland en besigwees dreig om alles wat werklik sin maak van ons af weg te ruk.

Hoe afstand jou kan bevry en jou perspektief kan verander 

Socrates het eeue gelede gewaarsku: “Beware the barrenness of a busy life.” 

Wegstap ter wille van beter perspektief moet egter reg verstaan word. Ons bly maar altyd vasgevang tussen die twee werklikhede van Jesus wat ons uitnooi om in Hom rus te vind (Matteus 11:28) en Paulus wat ons aan die anderkant aanmoedig om die lewensreis doelgerig en met volharding te voltooi (Hebreërs 12:1).  

Wegstap om perspektief te kry, is nie luiheid nie. Dit is ook nie inhoudlose tye nie. Dis wegstap om beter te verstaan: My Godgegewe doel, my roeping … ’n beter verstaan van waar ek nou is en waarheen ek op pad is of op pad behoort te wees.  

Besigwees is nie onvermydelik nie! Maar niks gaan verander voordat jý nie intensioneel tye skep om stil te raak en weg te kom van die geraas nie. Om jou besigwees-laste na Jesus te bring, vra dat jy tye sal beplan om weg te kom en afstand te kry, sodat jy met nuwe oë na die werklikheid kan kyk.  

Richard Rohr skryf hieroor die volgende: “We have to have a slight distance from the world – we have to allow time for withdrawal from business as usual, for meditation, for prayer in what Jesus calls ’our private room’. However, in order for this not to become escapism, we have to remain quite close to the world at the same time, loving it, feeling its pains and its joys as our pains and our joys.”  

Perspektief – en bevryding – kom met afstand. 

Deel die artikel

Méér artikels

Daar is sekere basiese behoeftes en beginsels wat ons in plek moet hê in ons lewens om voluit te kan leef. Leer hoe om balans ...

Jy droom om iets merkwaardig met jou lewe te doen. CATHERINE VAN HEERDEN help jou bepaal of jou ambisie die tyd werd is wat jy ...

Scroll to Top