Vra die vraag wat jou lewe verander
Die vrae wat ons vir onsself vra, is meestal negatief. Die antwoorde wat dan volg, ook. Laat staan negatiewe vrae. Leer om vrae te vra met die oog op hoe dit jou lewe kan verander.
Wat is fout met my? Jou verstand sal dan antwoord: Wel, jy is nie goed genoeg, of waardig genoeg nie. Ons vra ook gereeld: Waarom werk dinge nooit vir my uit nie? Dan soek jou verstand redes hoekom dit nie vir jou sal uitwerk nie.
Jou verstand is ’n masjien, ’n bedryfstelsel. Jy stel ’n vraag en dit sal die antwoord vind. Dit is gewoonlik antwoorde wat sommer net in jou gedagtes opskiet. Dit is gewoonlik nie opbouend in jou lewe nie en laat jou in jouself twyfel.
Negatiewe vrae is dus uit!
Vra liewer die vraag wat jou hele lewe kan verander ...
In enige situasie, of dit nou ’n geselskap is, ’n besigheidstransaksie, op die bank voor die TV, of terwyl jy deur sosiale media lees, vra: Wat is die uitkoms wat ek hier wil hê?
Soms gaan die antwoord wees: Ag nee, ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Om ligter deur die lewe te gaan moet jy begin om met ’n nuwe oog te kyk. Jou uitkyk beïnvloed immers jou woorde, dade en ...
Een trauma wat niemand gespaar word nie is om geliefdes aan die dood af te staan. Soms kom mense nooit oor die verskriklike hartseer wat ...