Wanneer jy... Voel jy is nie goed genoeg nie Jannie Le Roux

Wanneer jy… Voel jy is nie goed genoeg nie

“Wanneer jy jou identiteit aan ander se verwagting van jou meet en voel jy skiet tekort, kan jy ’n gevoel van minderwaardigheid ontwikkel,” sê die predikant en motiveringspreker JANNIE LE ROUX.

Moenie dat ander mense jou minderwaardig laat voel nie

Jy begin as ’n kindjie wat nie veel vrae oor jouself het nie. Jy hanteer die lewe soos dit vir jou gegee word.

As jou ouers jou mishandel, voel dit nie reg nie, maar jy weet nie van beter nie. Jy is te klein. Jy doen wel ...

“Wanneer jy jou identiteit aan ander se verwagting van jou meet en voel jy skiet tekort, kan jy ’n gevoel van minderwaardigheid ontwikkel,” sê die predikant en motiveringspreker JANNIE LE ROUX.

Moenie dat ander mense jou minderwaardig laat voel nie

Jy begin as ’n kindjie wat nie veel vrae oor jouself het nie. Jy hanteer die lewe soos dit vir jou gegee word.

As jou ouers jou mishandel, voel dit nie reg nie, maar jy weet nie van beter nie. Jy is te klein. Jy doen wel letsels op wat die res van jou lewe as herinnering gaan bly.

Wat my hoop gee, is dat baie kinders in hierdie identiteitsvorming kies om nie slagoffers van hulle verlede te wees nie. Hulle styg uit omdat hulle kies om nie “Mishandel” of “Slagoffer” as identiteit aan te neem nie.

Jy is egter nie net ’n produk van jou omstandighede nie. Jy maak keuses, en dit beïnvloed wie jy is en wie jy word.

Onthou dat jy jou lewe lank aan die groei is. Jy is heeltyd in wording.

Dink weer ’n bietjie terug aan jou kinderjare. Kyk ver terug en leef jou weer in as kind. Dis dalk wat jou dryf om nou te wees wie jy is. Maak vrede daarmee. Verwerk dit.

Eleanor Roosevelt het gesê: “Niemand kan jou minderwaardig laat voel sonder jou toestemming nie.”

Die geheim om ’n minderwaardigheidsgevoel te elimineer, is om te verstaan dat daar net een persoon is wat hierdie gevoel toelaat. Jy. Jy laat jouself toe om só te voel.

Onderskei tussen die optrede waaraan die persoon of jyself jou meet, én jouself as persoon. Jy mag dalk verkeerd optree, maar dit beteken nie jyself is minderwaardig nie.

Werk aan jou eie beeld van jouself. Fokus op jou sterkpunte en aanvaar dat negatiewe mense altyd jou swakpunte gaan uitwys om hulleself beter te laat voel.

Sê eerlik vir die persoon om jou aan jou sterkpunte te meet. Jy is nog altyd aan die groei en verbeter.

Vul jou gedagtes met positiewe kommentaar oor jouself. Let op die manier waarop jy met jouself praat, en hou dit positief.

Begin vandag om ’n nuwe identiteit te skep.

Met droomterapie kan jy ’n beter selfbeeld kweek

Mense kan hulleself oneindig ongelukkig maak deur op hulle mislukkings te fokus. Hulle kan nie die pynlike vernedering vergeet nie. As jy dit aanhoudend doen, word dit deel van jou identiteit.

Maar daar is goeie nuus. Droomterapie. Dis soos chemoterapie teen kanker.

Met droomterapie kan jy ’n nuwe identiteit kweek wat by ’n nuwe toekoms pas. Dit werk só: Soek ’n tydskrif vol prente. Begin net rustig daardeur blaai sonder om op ’n spesifieke artikel te fokus. Raak bewus van watter prente jou meer aanraak as ander. Skeur hulle uit sonder om nou te vra hoekom dit só is.

Vra nou vir jouself: Waaraan herinner die prent my? Tot watter behoefte van my spreek dit? Hoe raak dit my?

Neem hierna ’n bladsy papier en voltooi die volgende: “Ek droom ek is …” Moenie ophou skryf totdat jy die onderkant van die bladsy bereik het nie.

Moenie krities wees nie. Laat waai net. Dis jou drome wat jy neerskryf!

Om ’n droom waar te maak, vereis dat jy die identiteit sal hê wat by daardie droom pas, anders gaan jou droom nie resoneer met wie jy is nie.

Net soos ruimtevaarders opleiding ontvang om in die ruimte te kan funksioneer, moet jy jou nuwe identiteit inoefen om by die droom te pas.

Gaan sit rustig op ’n bank en haal diep asem. Kry ’n prentjie in jou verbeelding met jouself in die rol van die nuwe identiteit.

Sien jouself soos jy hoop jy kan wees. Sien dit so konkreet as moontlik. Hoor dit, voel dit, beleef dit, ruik dit, proe dit, sien dit.

As deel van jou droomterapie moet jy jouself elke dag in jou verbeelding inleef in die nuwe jy. Dróóm dit elke dag.

Deel die artikel

Méér artikels

Wanneer jou gebede onbeantwoord bly, is dit maklik om mismoedig te voel. Leer hoe om onvervulde verwagtinge te hanteer en geloof te hê in God ...

Almal ken die gevoel: Vrees vir môre, vrees oor jou geldsake of jou veiligheid. Mense bekommer hulle siek! Gelukkig kan jy ophou stres en vry ...

Scroll to Top