Wanneer jy...Meer effektief wil bid

Wanneer jy… Meer effektief wil bid

Om te bid is ’n manier van kommunikasie met God. Daar is verskillende maniere hoe jy effektief met Hom kan kommunikeer.

Wek geloof in jou gelowige hart met lofprysing

Daar is krag in lofprysing. Lofprysing fokus die aandag op God, en die bidder bring hom- of haarself daarmee in ’n posisie waar God toegelaat word om ongehinderd te werk. Dit wek geloof in die gelowige se hart en laat probleme, vervolging en swaarkry kleiner word.

Lofprysing help ons om ons oë van die geveg af weg te neem en die oorwinning en ons Koning raak te sien. Dit breek die kettings van moedeloosheid, ongeloof en depressie in die gemoed van die gelowige.

Dikwels wanneer jy nie ’n deurbraak in gebed beleef nie, is dit lofprysing wat die oorwinning bring, want lofprysing sê: “Here, ons kan niks doen nie, maar U kan alles doen.”

In lofprysing gaan dit om God self en nie om dit wat Hy vir my kan gee of doen nie. Keer op keer moes gelowiges uitvind dat die oorwinning behaal ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Elke mens beskik oor ten minste een spesiale Godgegewe gawe. Jy hoef dit nie te verdien, te koop of daarvoor te vra nie. Dit word ...

“Wanneer jy jou identiteit aan ander se verwagting van jou meet en voel jy skiet tekort, kan jy ’n gevoel van minderwaardigheid ontwikkel,” sê die ...

Scroll to Top