Jou geluk hang nie van ander af nie

Wanneer ons voel asof ons moed wil verloor 

Van jongs af het DORETTE POTGIETER bekoor as ballerina en aktrise. Bekend vir haar rol in Egoli, en onlangs in Plan B, is sy ook ’n toegewyde filantroop, ma en eggenoot. 

Wat is vir jou die heel lekkerste van jou werk as aktrise?  

As ’n jong aktrise – omtrent 11 jaar oud – het ek saam met Regardt van den Bergh aan Circles in a Forest gewerk, ’n rolprent gegrond op Dalene Mathee se boek, Kringe in ’n bos.

Dit is in Knysna geskiet en Arnold Vosloo ...

Van jongs af het DORETTE POTGIETER bekoor as ballerina en aktrise. Bekend vir haar rol in Egoli, en onlangs in Plan B, is sy ook ’n toegewyde filantroop, ma en eggenoot. 

Wat is vir jou die heel lekkerste van jou werk as aktrise?  

As ’n jong aktrise – omtrent 11 jaar oud – het ek saam met Regardt van den Bergh aan Circles in a Forest gewerk, ’n rolprent gegrond op Dalene Mathee se boek, Kringe in ’n bos.

Dit is in Knysna geskiet en Arnold Vosloo het die hoofrol vertolk. Op pad terug Kaap toe, het ek vir Regardt gesê om my dop te hou, want eendag as ek groot is, sou ek teenoor hom [Arnold] speel.

Tydens Plan B het daardie droom waar geword. Ek sit op stel en besef hoe aantreklik Arnold steeds is, meer as wat ek kan onthou. Hy’s nie net ’n goeie mens nie, maar ook ’n man van God. Iemand wat naam vir homself in Amerika gemaak het.

Op stel het ek die kans gekry om hom te vra hoe hy alles hanteer. Sy raad was jy moet fokus op die oomblik; dít help hom om deur te druk en dinge uur vir uur te vat.

As akteur is alles reeds daar: die draaiboek, die omgewing, en die mense saam met wie jy speel. Al wat jy net moet doen, is jou woorde onthou en die karakter wat jy vertolk, vorm.

Natuurlik is dit ook belangrik om die Here weer terug te bring in aktrise wees. Hy gee vir ons soveel geleenthede om aan soveel psiges te krap en om van mekaar te leer. Ná ’n rol het ek soveel om te deel en wonderlike staaltjies om te vertel.

Ek het nooit gedroom dat ek rêrig teenoor Arnold sou speel nie, maar hier is ek – 40 jaar later – besig om my droom te leef.

Jy is onlangs getroud met die liefde van jou lewe. Hoe het jy vir Hennie ontmoet? 

Ons was een Sondagmiddag by ’n vriend se afskeidspartytjie wat Namibië toe sou trek. Ons was langs die dam onder die Simonsberg in die Banhoekvallei. Net voor sononder het Hennie kom groet. Hy was op pad terug Paarl toe, huis toe.

Ek weet nie hoekom nie, maar ek het stil geraak en begin luister. Ek studeer sedert 2011 Imago-verhoudingsfasilitering. Een belangrike les wat ek daar geleer het, is om te luister. Net soos ek stil raak voor die Here om Sy stem te hoor, het ek Hennie se stem gehoor terwyl ek langs hom gesit het.

Ná die partytjie het ons ’n after party by ons huis gehou. Niemand het Hennie kom haal nie, maar dit het my nie gepla nie. Dit was Sondagaand en ek het kos gemaak omdat die kinders honger was. Hennie is net voor twaalf huis toe.

Hy het vir my ’n WhatsApp gestuur en gesê as hy alles kan glo wat hy daardie aand gehoor het, is ek “by verre die mooiste mens wat hy nog ontmoet het”.

In ons gesprek het ek besef ons deel dieselfde filosofie, seer, verwerping en uitdagings. Ons paaie loop parallel. Ek glo vas dat die verhouding wat ek sewe jaar voor hom gehad het, my voorberei het op ons verhouding nou.

Hennie is sewe jaar ouer as ek, ’n groter ouderdomsverskil as wat ek gedink het ek gemaklik mee sou wees. Maar ek is …

Die Dinsdag ná die partytjie het Hennie gebel om te sê hy wil kom tee drink. Hy was natuurlik baie welkom. Hy het my ook genooi om die Woensdag saam met hom uit te gaan eet, iets wat ons nou nog nie gedoen het nie. Ons het by my huis gekook en doen dit steeds.

Maar daardie Dinsdag toe hy by die voordeur instap, het hy gelyk soos ’n kat wat room gekry het. Hy het van oor tot oor geglimlag en ek het besef ek moet hom dalk vertel wat ek vir die Here gevra het.

Hy sê hy was amper met die eerste oogopslag seker ek is vrou. Die tweede keer toe hy my sien, het hy geweet.

Ons is soos die Engelse sê: A match made in heaven.

Wat was vir jou die moeilikste van jou pad tot hier – veral omdat jy vir Lia alleen moes grootmaak? 

Nadat ek en Lia die plaas verlaat het omdat my en haar pa se verhouding nie uitgewerk het nie, was dit moeilik om op my eie voete te staan.

Ek moes leer om op my eie te oorleef en te doen wat nodig is. ’n Doek moet omgeruil word. As iemand huil, moet jy hulle troos. As daar honger is, moet daar kos gegee word. Basiese behoeftes moet vervul word, maar daar is meer behoeftes as net die basiese.

Vir my is die grootste uitdaging as ek emosioneel raak. Ek kan my kind vashou, vertroos en liefde gee. Sy kan my vashou, maar sy kan my nie troos nie. Dit is nie haar rol nie; sy is nog net ’n kind, ’n klein dogtertjie.

Om ’n enkelmamma te wees of alleen in ’n huis te wees sonder ’n ander volwassene, beteken jy moet leer om jouself “vas te hou”.

Jy moet ’n verhouding met die Here bou sodat, wanneer jy alleen is, jy die Heilige Gees kan toelaat om jou te omvou. Dit is dan wanneer jy werklik verstaan wat dit beteken om ’n kind van God te wees.

Jy is nie alleen nie. Niks is te veel om te hanteer nie, want jou Hemelse Vader hou jou stywer vas as wat jy kan droom.

Wanneer jy in stilte by Sy voete sit, word jy gesond en sterker. Dit is waar dinge makliker word en jy die lig in die wêreld begin sien.

Dit was aanvanklik moeilik om God toe te laat om my na daardie plek te lei. Maar eers daar, besef jy dit is ’n ongelooflike pad. Jy moet Hom ken in alles wat jy doen. As jy Hom nie ken nie, kan Hy nie jou pad gelyk maak nie.

As jy die grootste uitdaging van enkelouerskap met alleen-ouers kan deel, wat sou dit wees? 

Ek dink die grootste uitdaging van enkelouerskap is om die ander ouer toe te laat om deel te wees.

Jy mag dink jy is alleen, maar dit is nie waar nie. Lia het ’n wonderlike pappa wat baie lief is vir haar.

As jy hom nie toelaat om sy rol te speel nie, benadeel jy jou kind.

Ongeag hoe julle verhouding lyk, moet jy ’n veilige omgewing skep. Dit laat jou kind toe om die ander ouer ten volle te vertrou.

As jy jou eie seer en gebrokenheid nie opsy kan sit nie, sal dit later terugkom om jou te byt. Daar sal verwyt wees. Gee jou kind die kans om ’n verhouding met die ander ouer te bou.

As jou kind nie gelukkig is nie, sal jy ook nie gelukkig wees nie.

My ma het altyd vir my gesê as ’n mens lank genoeg vir iets wag, sal dit kom. Ek het nooit heeltemal verstaan wat sy bedoel het nie.

Ek dink as ’n mens op ’n plek kom waar jy lief genoeg is vir jouself, gaan iemand anders ook lief raak vir jou. Dit is iets wat jy uitstraal, jy is nie ’n slagoffer nie. Jy is nie needy nie. Jy is net jy.

Ons moet leer om te vergewe en los te laat. Dit is moeilik, en beslis nie maklik nie.

Maar as jy daardie punt bereik, sal ongelooflike dinge gebeur, dinge wat jy nooit in jou wildste drome kon droom nie.

Moet dus nooit ophou droom nie. As jy mense rondom jou het, ondersteun hulle drome ook.

Deel die artikel

Méér artikels

Sangeres en TV-aanbieder LEAH is positief, energiek, gewild, talentvol en het altyd ’n breë glimlag. Hoe bly sy positief, gelukkig en koester haar uniekheid? Wat ...

ELIZMA THERON het al groot hoogtes bereik as sangeres, aktrise en model, maar dié ma van twee weet dat haar gesin veel belangriker as roem ...

Scroll to Top