Watter les wil die lewe jou leer?

Watter les wil die lewe jou leer?

In elke oomblik is ’n les vir groei. Só het geliefde TV–aanbieder TRACEY LANGE geleer om die lewe se groot oomblikke ten volle aan te gryp.

Belangrike lewenslesse word uit nuwe ervarings geleer

Tracey, jou persoonlikheid word gemors in hierdie kantoor.”

Op 22, toe ek by ’n regsfirma en ontwikkelaar gewerk het, het die direkteure gereeld hierdie opmerking gemaak. Ander mense ook.

Op ’n dag hoor ek toe van aanlegtoetse wat gedoen word, en kort voor lank sit ek in die stoel voor Liz-Mari ...

In elke oomblik is ’n les vir groei. Só het geliefde TV–aanbieder TRACEY LANGE geleer om die lewe se groot oomblikke ten volle aan te gryp.

Belangrike lewenslesse word uit nuwe ervarings geleer

Tracey, jou persoonlikheid word gemors in hierdie kantoor.”

Op 22, toe ek by ’n regsfirma en ontwikkelaar gewerk het, het die direkteure gereeld hierdie opmerking gemaak. Ander mense ook.

Op ’n dag hoor ek toe van aanlegtoetse wat gedoen word, en kort voor lank sit ek in die stoel voor Liz-Mari Lombard, ’n beroepsvoorligter.

Liz-Mari het die toetsuitslae só gekyk, toe vir my gekyk, en die deurslaggewende vraag gevra: “Het jy al ooit ’n loopbaan in die media oorweeg? Dalk as ’n joernalis. Óf op TV, radio?”

Dit was ’n oomblik wat die koers van my lewe verander het, ’n gevoel laat posvat het van: “Wat as …? Wat sal gebeur as ek waag om ’n kans te vat?”

Ek het daar weggestap en ’n lysie opgestel van al die moontlike mediaberoepe wat interessant geklink het. Ook rondgesoek op die internet en afgekom op ’n TV-aanbiederskursus wat deur ervare mense soos Freek Robinson en Leanne Manas gelei sou word.

Op die vliegtuig op pad noorde toe, die heel eerste vlug van my lewe, was ek bang en skrikkerig, maar ook vreeslik opgewonde. Wat sou hierdie ervaring inhou?

Ek hou nie van sukkel nie. Wil altyd ’n ding dadelik reg kan doen. Daarom, in daardie eerste paar weke, het ek gewonder of dié mediabesigheid ooit sou werk. Alles was vreemd en die tegnieke moeilik. Sou ek ooit die mas opkom?

Gelukkig, van hard werk en deurdruk, kén ek mos.

Ek is geneig om alles te gee – in liefde, werk en die lewe. Iemand wat my daarop attent gemaak het, is die wyle akteur Lieb Bester.

Leer uit die groot oomblikke in jou lewe

Ek moes ’n onderhoud met Lieb Bester voer, en mense het my vooraf gewaarsku: “Pasop, hy kan moeilik wees.” Ek het my nie veel daaraan gesteur nie.

Toe breek die dag van die onderhoud aan, en Lieb is net hierdie wonderlike, sagte gentleman.

Toe ons klaar was, vra hy: “Hoe moeg is jy gewoonlik ná so ’n onderhoud?”

“Nee, baie moeg! Heeltemal uitgeput,” antwoord ek.

“Ek kan sien hoekom,” het Lieb opgemerk. “Want jy gee jou álles – jou eerlike, outentieke self, terwyl jy so goed en aandagtig luister. ’n Mens kan jou energie aanvoel.”

Ek sal nooit sy volgende woorde vergeet nie. “Meisiekind, jy moet dít beskerm.”

Dit kom natuurlik. Dis nie iets wat ek kan aan- of afskakel nie. Wat ook natuurlik kom, is my onwrikbare geloof in God.

Al die spesiale oomblikke wat ek op my geloofspad beleef het, kan nie weggeredeneer word nie.

Een so oomblik was aan die begin van ’n jaar. Ek het vir God gesê: “Hierdie jaar wil ek ’n bietjie reis, maar ek het nie die finansies om daarvoor te betaal nie.”

Ons TV-span, wat nooit gereis het nie, is toe sowaar daardie jaar Mosambiek toe. En ’n paar maande later Mauritius toe.

Ek het die aand op die balkon gestaan, oor die see uitgekyk, en besef: Dit waarvoor ek gevra het, het ek gekry. Dankie!

Die les wat ek uit die groot oomblikke in die lewe geleer het, is dat maak nie saak of dinge soms negatief is of lyk nie, absoluut niks gebeur mét my nie. Dit gebeur altyd vír my – en dit maak die lewe die moeite werd om voluit te leef.

Deel die artikel

Méér artikels

Sangeres en TV-aanbieder LEAH is positief, energiek, gewild, talentvol en het altyd ’n breë glimlag. Hoe bly sy positief, gelukkig en koester haar uniekheid? Wat ...

ELIZMA THERON het al groot hoogtes bereik as sangeres, aktrise en model, maar dié ma van twee weet dat haar gesin veel belangriker as roem ...

Scroll to Top