Is jy sy ideale vrou

Wees jou man se ideale vrou – vind uit wat hy regtig wil hê!

Ontdek of jy die ideale vrou is wat jou man begeer! Vind uit wat sy ware wense is en leer wat dit beteken om vandag sy droomvrou te wees.

Soek hy 'n poppie waarmee hy kan spog?

Vroue sê maklik wat hulle verwagtings en behoeftes in die huwelik is, maar weet jy wat jou man se idee van sy droomvrou is?

Die huwelik word soms as ’n strafkamp eerder as ’n plesier uitgebeeld – veral uit ’n man se oogpunt. Die arme man verloor al sy ...

Ontdek of jy die ideale vrou is wat jou man begeer! Vind uit wat sy ware wense is en leer wat dit beteken om vandag sy droomvrou te wees.

Soek hy ‘n poppie waarmee hy kan spog?

Vroue sê maklik wat hulle verwagtings en behoeftes in die huwelik is, maar weet jy wat jou man se idee van sy droomvrou is?

Die huwelik word soms as ’n strafkamp eerder as ’n plesier uitgebeeld – veral uit ’n man se oogpunt. Die arme man verloor al sy vryheid, word teensinnig betrek by huishoudelike sake en mag net oë vir sy vrou hê.

Watter rol speel aantreklikheid en voorkoms in ’n verhouding?

Die meeste mans sal ontken dat voorkoms ’n rol speel as dit by die keuse van ’n vrou kom, maar in werklikheid is dit een van die belangrikste faktore wanneer ‘n man dink aan sy perfekte vrou.

In ’n meningsopname is mans gevra wat hulle verkies: ’n aantreklike arm vrou of ’n onaantreklike ryk vrou? Sowat 55% het eersgenoemde gekies.

Navorsers meen ’n man soek ’n mooi vrou omdat hy geneties geprogrammeer is om aangetrokke te voel tot iemand wat ’n gesonde, viriele potensiële maat is. Dit beteken nie dat ’n vrou soos ’n skoonheidskoningin moet lyk nie.

Mense se opvattings van skoonheid verskil, maar dinge soos selfvertroue, ’n mooi houding en ’n goedversorgde vrou wat die meeste van haar bates maak, is hoog op die lys.

Soek hy ’n sielsgenoot wat sy hart verstaan?

Die manne erken dat skoonheid vervaag, maar wat belangrik bly, is die kameraadskap waarsonder hulle nie kan klaarkom nie. Hy smag na daardie sielsgenoot wat hy regtig kan vertrou. Sy ideal vrou is iemand saam met wie hy ‘n lewe kan bou.

Hy soek beslis nie ’n slaaf om die skottelgoed te was of kos te maak nie. Die meeste se verwagting van die huwelik is ’n verhouding waarin respek, vennootskap en gedeelde verantwoordelikheid ’n rol speel.

Mans het wel emosionele behoeftes, hulle is net nie so openhartig daaroor nie. Dit voel goed wanneer ’n vrou tyd maak om werklik na hom en sy drome vir die toekoms te luister.

Ons almal funksioneer beter as ons emosioneel veilig voel. En ja, dit is so dat mans ook emosioneel verwaarloos kan word. Die behoeftes van mans en vroue is eintlik baie eenders.

Paartjies se unieke verskille word saamgebind deur hulle eendersheid. Dit is ’n spirituele ervaring waar dit die onsigbare dinge is wat tel.

Is jy sy perfekte vrou of het hy jou onbewustelik gekies

Huwelikskenner Floris Knouwds sê mans kies selde op ’n bewuste vlak ’n lewensmaat. Dit is meestal ’n onbewuste proses waarin baie dinge ’n rol speel. Soos die persoonlikheid en optrede van sy ma, die eienskappe van ander vroue wat hy in flieks gesien het, sy idees oor hoe ’n vrou hom gelukkig gaan maak en sy behoefte aan nabyheid.

Hierdie prentjie van sy droomvrou laat hom dan aangetrokke voel tot ’n spesifieke vrou sonder dat hy kan verklaar hoekom. Hy verstaan dit maar as liefde. As die troudag verby is, word hierdie beeld die filter waardeur hy na jou kyk. Dit word die vereistes wat hy onbewustelik aan jou stel.

Elke keer wat jy nie aan hierdie verwagtings voldoen nie, beleef hy ’n mate van teleurstelling. In sy onderbewussyn pas jy nie meer in die prentjie van sy perfekte vrou nie.

Daarom is dit belangrik dat lewensmaats leer om eerlik by hulle eie harte uit te kom. Vra: “Wat wou ek regtig graag in ’n lewensmaat hê?” wanneer dit gaan oor dinge soos voorkoms, finansiële welvaart, afhanklikheid van mekaar, seks en kameraadskap.

Wees eerlik met mekaar hieroor; dan sal verwagtings nie ’n negatiewe uitwerking op julle verhouding hê nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Die dag toe jy in die kerk gestaan het en jou huweliksbeloftes afgelê het, het julle net oë vir mekaar gehad, maar hoekom verander dit ...

Jy het geglo julle verhouding gaan vir ewig maanskyn en rose wees. Dit is ontnugterend om uit te vind die mites wat jy oor die ...

Scroll to Top