Weet jy hoe om met jouself te praat?

Weet jy hoe om met jouself te praat? 

“Ons moet grense stel vir hoe ons met onsself praat. Ons moet ophou om so krities teenoor onsself te wees,” sê die lewensafrigter TILESIA COLYN. 

Ons is geneig om baiekeer in ’n konfliksituasie met ons kinders of ons man of met vriende te wees. Na die tyd sê ons altyd: “Ek is jammer.”

Maar sê jy vir jouself jy is jammer? Kan jy teruggaan en vir jouself sê: “Ek is jammer ek het jou so behandel. Ek is jammer ek het so hard met jou gepraat. Ek is jammer ek het eers ...

“Ons moet grense stel vir hoe ons met onsself praat. Ons moet ophou om so krities teenoor onsself te wees,” sê die lewensafrigter TILESIA COLYN. 

Ons is geneig om baiekeer in ’n konfliksituasie met ons kinders of ons man of met vriende te wees. Na die tyd sê ons altyd: “Ek is jammer.”

Maar sê jy vir jouself jy is jammer? Kan jy teruggaan en vir jouself sê: “Ek is jammer ek het jou so behandel. Ek is jammer ek het so hard met jou gepraat. Ek is jammer ek het eers daai gedagte gedink.”

Ons moet leer om grense te stel vir die gedagtes wat ons het. Ons moet grense stel vir die goed wat ons teenoor onsself praat. Ons moet ophou om so krities, hard en lelik teenoor onsself te wees.

Eric Berne het ’n TA ontwikkel – dis ’n Transactional Analysis in sielkunde. Hy het basies gesê daar gaan hierdie interne dialoog in ons binneste aan. Dit bestaan uit drie dele: dit is die volwassene, die ouer en die kind.

Die ouer is die verwysingsraamwerk wat jy vanaf jou ouers, of dalk die samelewing waar jy grootgeword het, gekry het. Een van my kliënte vandag het in ’n baie konserwatiewe huis grootgeword. Sy interne dialoog vanaf die ouer se kant sal daarom baie konserwatief wees.

Die kind is ’n kind. Hy kan partykeer sommer net wild staan en doen wat hy wil. ’n Bietjie rebels, maar ook kinderlik en naïef in ’n mate.

Dan is daar die volwassene. Dit is die logiese gedeelte. As ek transactional analysis sou moes oorskryf, sou ek sê dit is die voorbrein – dis “mindfulness”. Dis om bewustelik te kan omgaan deur ’n situasie te bekyk vanuit ’n gesonde gedagtegang.

Daardie volwassene is eintlik die een wat al die omstandighede in ag kan neem en dan ’n logiese besluit neem.

Ons het verskillende stemme in ons koppe 

Dit het ’n groot impak op ’n mens se lewe om te besef dat jy na ’n situasie deur die drie ego-state kan kyk, optree of met jouself praat.

Kom ons veronderstel daardie kliënt van my van vandag het byvoorbeeld ’n man of vrou op die strand sien kaal tan. Dan sal sy ouer-deel dalk na die situasie kyk en dink: Sjoe, dit is onvanpas. ’n Mens doen nie dit nie. Dis nie reg nie.

Sy kind-deel sal dalk daarna kyk en dink: O nee, dit lyk “heavy” lekker, ek sal sommer my klere ook uittrek en daar gaan baljaar.

Die volwassene deel sal kyk en dink: Wel, dis hulle keuse. Hulle is 100% verantwoordelik vir wat hulle doen in die lewe en hoe hulle dit doen. Ek gaan beslis nie soontoe stap nie, want dis ’n meisie en ek het ’n meisie. Ek sal na ’n ander strand toe gaan.

Ons het verskillende stemme in ons koppe. Baiekeer kry ons ook daardie stem van ons ouer wat baie krities kan wees. Of selfs plofbaar of afbrekend. Dan kan jy self daardie “abuse” voortbou in hoe jy met jouself praat.

As jy begin met jouself lelik praat, stop net ’n bietjie en dink: Wie praat nou hier? Is dit dalk my ma? Is dit dalk my pa? Ek is nie hulle nie. Ek is mooi en sag en goed teenoor myself.

Ons kom alleen in die lewe en ons gaan alleen uit. Op die einde van die dag is dit net ons. Al wie ons saam met ons dra, is ons.

Wat jy vir jouself sê maak saak 

Ons moet onsself regtig koester en beskerm. Ons moet onsself hoog ag. Nie op ’n narsistiese of grandiose manier nie. Of op daardie tipe “ek is alles”-manier nie. Dit is weer ’n verdediging teen ’n ander diep, diep pyn.

Nee, ons moet ’n hoë waardering vir onsself hê. Vir die feit dat ons hier is.

Begin elke dag met ’n tipe van ’n waarderingsgebed wat jy teenoor jouself sê. Hulle noem dit in Engels ’n “mantra”. ’n Mantra is iets wat jy vir jouself kan sê. Jy kan dit selfs inklop in jou hart.

Jy kan vir jouself sê: “Ek waardeer myself. Ek is lief vir myself. Ek gee om vir myself. Ek is goed vir myself. Ek het regtig die bes gedoen wat ek kon.”

Ons is geneig om onsself so te kritiseer in plaas van om net te sê: “Sjoe, ek het die beste gedoen wat ek kan.”

Wanneer jy met jouself praat, wil ek hê julle moet julleself elke dag vra: Wat het ek vandag regtig goed gedoen? Baie van ons sukkel regtig om aan iets goeds te dink, maar dit is belangrik

Dink ’n bietjie. Wat het jy vandag regtig goed gedoen? 

Deel die artikel

Méér artikels

“Selfdissipline is die brug tussen jou visie en die uiteindelike resultaat van jou visie,” sê akteur en mediapersoonlikheid HYKIE BERG. Bly gedissiplineerd en geduldig as ...

“Jou werk as ’n Spreuke 31-vrou is om jou man met jou sterkpunte aan te vul,” sê voorkomskonsultant, skrywer en motiveringspreker ALETTÉ-JOHANNI WINCKLER. God se ...

Scroll to Top