My keuses het my lewe herdefinieer

My keuses het my lewe herdefinieer

ROZANNE MCKENZIE weet dat God haar anker in elke stormgety is. Sonder Sy lig om die donkerte te verlig, kon verkeerde keuses haar lewe anders laat verloop het. Vandag, deur die storm van postnatale depressie en anderkant uit, voel sy weer haar ou self. Vreugdevol, spontaan en energiek.

Hoop is ’n skrefie lig in die donkerte

“Waarmee kan ek jou he..?” Die dokter kon nie eens haar sin klaarmaak nie, toe stroom my trane al. Daardie dag is nog so helder in my gedagtes soos gister. Die huil het van diep binne losgebreek, die sluise wawyd oop.

Die minute het verbygetik. Sy het haar pasiënt laat begaan ... en ek het laat waai. Sonder ophou gehuil.

Hoe verander ’n mens van ’n spontane, borrelende persoon in ’n wanhopige stuk hartseer – en dit in ’n lewensfase waar jy veronderstel is om sielsgelukkig te wees?

Moeg, depressief en bitterlik kwaad. Dis al wat hier binne oorgebly het. Die woede wat swaar op my bors kom lê het, het elke stukkie lewensvreugde uitgepers.

Die situasie was heeltemal oorweldigend. Dit het ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Die beeldskone CORDELIA het al baie moeilike situasies te bowe gekom. Haar resep? Vergewe en kry altyd iets om voor dankie te sê. My eerste ...

Ná ’n grusame motorongeluk is sy verlam en in ’n rolstoel. Nogtans gaan slaap TANIA VAN TWISK elke aand met die geloof dat sy môreoggend ...

Scroll to Top