Lynette Beer

Lynette Beer – Vergifnis is nie ‘n gevoelsdaad nie

’n Mens maak talle onaangename gebeurtenisse in jou lewe bymekaar; dit kleef aan jou psige soos mossels aan ’n skip se bodem. Om daarvan ontslae te raak, moet jy elkeen wat jou ooit leed aangedoen het, vryspreek, ongeag wat hulle gedoen het.

Vee elkeen se rekord skoon. Moenie vashou aan die pynlike herinneringe nie. Vergewe – nie omdat jy so voel nie, want jy sal nooit so voel nie – buitendien, as ons slegs op ons gevoelens staatmaak, is ons in groot moeilikheid. Vergewe sodat jou gedagtes skoon en vry kan word.

Dit is aanvanklik nie ’n lekker of maklike ding om te doen nie. Jy is mos te na gekom. Maar ons kan nie altyd net doen wat ons wil nie. Ons het ’n verantwoordelikheid.

Dit geld ook vir vergifnis. En die resultaat is so wonderlik! Dit is ’n daad van selfbevryding. Jy doen dit altyd terwille van jouself, nooit terwille van ander nie.

Hoe weet jy dat jy iemand kwytgeskeld het? Wanneer jy daardie persoon sien en nie meer agter die naaste voetganger of winkel induik om nie gesien te word nie. Jy kry ...

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Dis dalk ’n vriendin. ’n Kollega. Of ’n bekende na wie jy opgesien het. Hulle het gesê hulle glo een ding maar toe anders geleef. ...

Grappies oor skoonma’s is volop, maar ’n lewe saam met jou man se ouers kan allesbehalwe ’n grap wees. Hier is raad vir skoonfamiliepyne. Kritiek ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!