‘Dis goed om eg aan jouself te wees’ - ELMA POSTMA

Dis goed om eg aan jouself te wees

Vir ELMA POSTMA is haar huislewe, hartsmense en vrede die grootste prioriteit. Om tyd te koester, beteken ’n rustiger lewe wat se waarde lê in die kleiner, eenvoudiger dingetjies.

Die slim mense sê dis beter om buigbaar te wees in jou denke as om vasgevang te raak in ’n vasgestelde manier van dink en doen.

Ek stem saam. Om elke dag ’n klein bietjie te verander – en ook jou strukture en roetines daarby aan te pas – help om hierdie buigsaamheid te kweek.

Vir ’n geswore “people pleaser” het dit makliker geword om vir ander dinge “nee” te sê.

In my jonger dae was daar dikwels die druk om by rooitapytgesellighede gesien te word. Die gevoel om te móét netwerk en skouerskuur met die regte mense by die regte plekke om in die bedryf vorentoe te beweeg.

Dis nou nie meer so belangrik nie, want my prioriteite het verander. Die groter prentjie raak al hoe duideliker. ’n Mens leer dat dit beter is om eie te wees aan jouself as om gedurig aan ander se verwagtings te probeer voldoen.

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

ELIZMA THERON het al groot hoogtes bereik as sangeres, aktrise en model, maar dié ma van twee weet dat haar gesin veel belangriker as roem ...

Die idee van sukses het met verloop van tyd vir NADINE nuwe betekenis gekry. ’n Suksesvolle loopbaan word nie gemeet aan een oomblik van erkenning ...

Scroll to Top