“God het my nog nooit gelos nie” - MARNO VAN DER MERWE

God het my nog nooit gelos nie

In die film Bond of Blood draai die hoofkarakter, vertolk deur MARNO VAN DER MERWE, sy rug op sy ouerhuis. Só word die verhaal van ’n verlore seun van vandag vertel. In die werklike lewe moes Marno ook opnuut leer waar sy hulp vandaan kom.

Geloof en gebed is die uitweg uit enige situasie

My hele lewe en loopbaan was ’n geloofsreis. Kerk het vir my baie gou meer as net die gebou van bakstene geword waar ek Sondae na ’n preek gaan luister.

My wonderlike ma was ten volle uitverkoop aan Jesus. By haar was daar nooit enige twyfel nie – geloof en gebed was die eerste en enigste uitweg uit enige situasie.

As jong seun het ek meer as een keer die voorreg gehad om te sien en beleef hoe iemand se gebed en geloof wonderwerke verrig. Ek het tóé daaraan geglo, en ek glo steeds onwrikbaar daaraan.

Die eerste keer toe ek gesien het hoe kragtig gebed is, was ek seker net sewe jaar oud. My hondjie het weggeraak. Vandag kan ek nie eens meer sy naam onthou ...

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Dis dalk ’n vriendin. ’n Kollega. Of ’n bekende na wie jy opgesien het. Hulle het gesê hulle glo een ding maar toe anders geleef. ...

Daar was baie mense wat gedurig gekom en gegaan het, sodat Jesus en sy dissipels selfs nie kans gehad het om iets te eet nie. ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!