Ek is presies wie ek moet wees
- My storie
- Lee-Ann van Rooi
Daar was lank gelede ’n tyd toe LEE-ANN VAN ROOI geglo het die wêreld sou ’n beter plek wees as sy anders kon wees. Anders kon lyk. En toe die ontdekking: Vrede kom wanneer jy eerlik leef teenoor jouself.
Aanmoediging kom soms vanuit verrassende oorde
Hei, Antie! Lat ek kom help,” groet die vullisman joviaal, terwyl hy met groot treë oor die pad aangehardloop kom.
Dis asblik-leegmaak-dag en ek het so ’n bietjie vergeet om die sakke betyds uit te sit. ’n Mens oordeel so maklik. Dink sommer met die eerste oogopslag hierdie ou is net ’n skoonmaker.
Maar eintlik was hy ’n engel.
Wanneer ’n mens vir die Here iets vra, kom die antwoord somtyds van die most unlikely person wat óók na die Here luister. Iemand wat my op dié dag weer herinner: “Mense is lief vir jou. Jy maak ’n verskil.”
Die man kom sit fluks hand by en verras my met die woorde: “Antie moet net aanhou doen wat Antie doen. Daar op die tee-vee ...”
’n Paar dae later gebeur ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
SUSAN COETZER, bekend vir haar televisierolle, publiseer haar eerste roman in 2007 en is ’n motiveringspreker. Sy gesels oor teleurstelling en integriteit. As jy nie ...
LYNETTE BEER, een van Suid-Afrika se mees inspirerende motiveringsprekers, gesels oor haar pad na sukses en die opofferings waarvan niemand weet nie. Vir baie jare ...