
Verstaan die verskil tussen sensitief en allergies
- Velsorg
- Karien Henrico, somatoloog
Enige veltipe kan sensitiwiteit ondervind, trouens ’n verrassende aantal vroue sukkel met dié toestand, wat kan wissel van matig tot ernstig.
“Sensitief” en “allergies” beskryf veltoestande en nie veltipes nie.
Die belangrikste verskil tussen allergie en sensitiwiteit is dat eersgenoemde ’n immuunstelselreaksie is.
Ander faktore soos stres, moegheid, skok, verkeerde velsorg en blootstelling aan die son, wind, koue of besoedeling kan tot oorgevoeligheid lei.
’n Allergiese reaksie ontstaan wanneer ’n stimulus (allergeen) wat – dikwels verkeer-delik – deur die immuunstelsel as ’n bedreiging beskou word, ’n reaksie veroorsaak.
Dit sluit enigiets in, soos rooiheid, swelling, ’n gejeuk of branderigheid en soms selfs pyn by die kontakpunt.
Mooimaakprodukte wat alkohol, reukmiddels of sterk aktiewe bestanddele bevat, kan soms bydra tot sensitiwiteit of dit vererger.
Wanneer jy ’n allergiese reaksie ondervind, moet jy dadelik soveel moontlik van die produk verwyder. Gebruik net skoon, koue water om mee skoon te maak.
Vermy vir ’n rukkie enige aktiewe bestanddele op die area. Wend Aloe vera of selfs heuning aan om die irritasie te verminder.
Verskeie ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Daar is soveel salon- en verjongingskure op die mark. Sommige skoonheidsbehandelings kos ’n fortuin en party belowe drastiese resultate. Wat is jou moeite en geld ...
Willa Krause Velsorg se Earth-reeks bevat doeltreffende, natuurlike roumateriale uit Afrika, soos baobab- en maroela-saadolie, rooibos en Kalahari-bitterwaatlemoen. Hierdie omgewingsvriendelike reeks bevorder kollageenproduksie, verminder fyn ...