Doen jý dinge anders vir julle geluk
- Gelukkig getroud
- Verwerk uit 21 Dae tot ’n fantastiese huwelik (Dr. Floris Knouwds) deur Ilze Ludick.
Jy weet teen dié tyd dat jou man dinge op sy eie manier doen. Tog kan jý dinge anders doen om julle verhouding in ‘n nuwe rigting stuur.
Aanvaar dat jy nie met ’n volmaakte man getroud is nie en dat jy net jouself kan beheer. En jy het ’n groot stap geneem. Jy sal uitvind dat jy jou lewe kan verander en daarmee saam julle verhouding.
Sien die onbenullige dingetjies maar oor. “Hy smyt sy klere reg langs die wasgoedmandjie neer!” “Kan hy nie net sy voete afvee as hy inkom nie?” Die “klein dingetjies” kan jou tot raserny dryf.
Dit kan ons verhoudings baie negatief beïnvloed as ons toelaat dat dit groei en in ’n monster ontaard, en later “groot dinge” raak wat jy persoonlik opneem. Jou man werk dalk op jou senuwees. Maar jy ook op syne! Ons almal het maar irriterende gewoontetjies. Jy moet net leer om die onbenullighede van die belangriker dinge te skei.
Jy sal baie geduldiger met jou man wees as jy besef dat die dinge wat jy as “oortredings” sien, eintlik maar onbenullig is. ’n Verandering in jou ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Konflik is nie noodwendig sleg nie, trouens, dit kan julle verhouding laat verdiep. Dis egter belangrik om by die reëls te hou wanneer julle verskil. ...
Sien jy jouself deesdae net as ma, huishoudster of gasvrou? Kom geleidelik uit jou groef en word weer jou man se minnares! Maak hom bewus ...