Ek kies om vas te hou aan hoop

Ek kies om vas te hou aan hoop

Ná ’n grusame motorongeluk is sy verlam en in ’n rolstoel. Nogtans gaan slaap TANIA VAN TWISK elke aand met die geloof dat sy môreoggend sal kan loop.

Hê geloof ten spyte van jou omstandighede

Sy sal nooit weer kan loop nie, en waarskynlik ook nie kan praat nie,” het hulle die nuus aan my geskokte ouers oorgedra. “Kritieke nekwerwels is morsaf, wat beteken sy gaan ’n kwadrupleeg wees – verlam van haar nek af ondertoe. Ons is regtig baie jammer.”

Maar God het ander planne gehad.

Toe die dokters ’n paar dae later weer X-strale neem, was hulle sprakeloos. Daardie einste werwels het vanself geheg. Niemand kon dit verklaar nie. Toe hulle die tragea-pyp uit my keel haal, was my eerste woord: “Hallo.” Ek kon steeds praat!

Geloof was nog altyd deel van my lewe, maar ná die ongeluk het dit ’n leefwyse geword. So natuurlik en noodsaaklik soos asemhaal. As ’n mens baie verloor, kom jy gou agter dis al wat oorbly.

Dis ook wat my naam beteken: geloof en genade. Ten spyte van ...

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

JOE NIEMAND het geleer om sy pa in ’n nuwe lig te sien … as iemand wat geweet het hy gaan nie sy persoonlike stryd ...

Die beeldskone CORDELIA het al baie moeilike situasies te bowe gekom. Haar resep? Vergewe en kry altyd iets om voor dankie te sê. My eerste ...

Scroll to Top