Die dag tussen Jesus se dood en opstanding

Die dag tussen Jesus se dood en opstanding

Die Evangelies sê min oor die Saterdag (Sabbat) tussen Goeie Vrydag en die opstandingsdag (Sondag). Dit het egter groot betekenis vir gelowiges, sê ISAK BURGER.

Die dag tussenin het ’n groot simboliese betekenis

Dit was seker die één dag in die geskiedenis toe niemand geglo het dat Jesus weer sou lewe nie: “stil Saterdag” of “heilige Saterdag”.

Net Jesus se vyande het aan die vorige dag as ’n “goeie” Vrydag gedink. Vir die Fariseërs, die skrifgeleerdes en godsdienstige leiers was dit ’n triomfantelike dag.

Die Man van Galilea, wat vir meer as drie jaar ’n doring in hulle vlees was, is uiteindelik geëlimineer. Hy was dood, koud, verseël in ’n graf. Hy sou nie meer hulle tradisies kon uitdaag, of hulle gesag en reputasie voor hulle eie mense en die Romeinse owerheid ondermyn nie.

Aan die ander kant was dit vir Sy volgelinge die aakligste, donkerste dag ooit. Hulle sou dit eerder “swart Vrydag” of “slegte Vrydag” wou noem.

Dit was eers hierna, op die Sondag, dat die lig vir hulle deurgebreek het – toe hulle uitvind die ...

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Fiksheidskenner, BIANCA VAN RENSBURG, glo jy moet fiks wees in elke aspek van die lewe om gesond én gelukkig te wees, en jou volle potensiaal ...

Om meer kreatief te kan wees, moet jy jou gedagtes ontvanklik hou vir nuwe en onbekende dinge, sê die kreatiwiteitskenner KOBUS NEETHLING. Dit verg durf ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!