Om méér vir mense om te gee
- GeloofsTERAPIE
- Greta Muller
Die kuns is nie om minder van jouself te dink nie, maar eerder om minder aan jouself te dink. Om ander se behoeftes eerste raak te sien, sê GRETA MULLER.
Nederigheid gee jou ’n passie vir wat reg is
In C.S. Lewis se boek Prince Caspian het Lucy te make met Aslan, die skrikwekkende maar wonderlik wyse leeu met die vriendelike oë.
Sy sê vir die leeu dat hy vir haar groter voel as wat hy eintlik is. Hy sê dis omdat sy ouer geword het: “Maar elke jaar wat jy groei, sal jy my groter vind.”
Aslan groei in Lucy se oë omdat sy, soos sy ouer word, meer verstaan en meer kan absorbeer. Net so bly die Here dieselfde, maar ons bly groei. Soos ons geloof groei, word Hy vir ons al hoe groter.
Hy openbaar Homself aan mense wat kies om gehoorsaam te wees. Hoe meer ’n mens Hom leer ken, hoe meer gaan jy Hom liefkry. En hoe belangriker word Hy vir jou.
Moeder Teresa het dit raak beskryf. Sy het gesê nederigheid is ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Hartswonde is onsigbaar vir die wêreld. Genesing daarvan lê in die feit dat jy oorleef het, want jy kan kies om te begin leef, sê ...
Was dit nie vir Sy genade nie, sou jou lewe baie anders gelyk het. In plaas van kla, tel eerder die seëninge waarvoor jy dankbaar ...