Om dankbaar te wees vir wat jy het

Om dankbaar te wees vir wat jy het

Was dit nie vir Sy genade nie, sou jou lewe baie anders gelyk het. In plaas van kla, tel eerder die seëninge waarvoor jy dankbaar is, sê MADELEIN RUST.

Wat jy het is uit genade ontvang van God

Dis amper asof ons die kuns van kla behoorlik bemeester het. Net vanoggend het ek ’n lysie klein jakkalsies vir my seun gestaan en aftel. Op my vingers.

Toe oorval ’n groot skaamte my. Sommige van die jakkalsies het die potensiaal gehad om aaklige gevolge te hê. God het egter Sy hand van bewaring oor ons gehou en ons beskerm teen enorme finansiële skade en selfs die dood.

Wat het jy wat jy nie uit genade ontvang het nie? Jou huis? Motor? Gesondheid? Die geld in jou bankrekening? Jou lewensmaat, kinders, talente, verstand, geleerdheid?

As ons ouer word, het die deursneemens gewoonlik iets om op trots te wees. Al het jy net jou kroos grootgekry tot op die punt dat hulle aangename mense is.

Maar hoeveel daarvan het jy self vermag?

Teken aan

Teken aan indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Registreer

Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Die kuns is nie om minder van jouself te dink nie, maar eerder om minder aan jouself te dink. Om ander se behoeftes eerste raak ...

Hartswonde is onsigbaar vir die wêreld. Genesing daarvan lê in die feit dat jy oorleef het, want jy kan kies om te begin leef, sê ...

Scroll to Top