Bly hoop in moeilike tye
- Self MENTOR
- Jannie Putter
Baie mense wonder hoe kan hulle met meer hoop lewe terwyl dit voel of krisisse en uitdagings hulle van alle kante tref.
Moeilike dinge kan betekenis en waarde hê
Ons kyk deesdae gedurig na wat ander mense op sosiale media aanvang. Wat ons op sosiale media doen, wys baie van ons persoonlikheid, net soos die klere wat ons dra, die goed waarvan ons hou en hoe ons optree.
Dit is erg om te hoor van die verskriklike toename in selfdood, depressie en verslawing, veral onder ons jongmense. Kenners sê dat hierdie statistiek meestal toe te skryf is aan die effek wat sosiale media op ons het.
Ons sien heeltyd hoe gelukkig “al die ander mense in die wêreld” skynbaar is. Dit maak die dinge wat vir ons moeilik is, sommer twee keer so erg.
Om sonder hoop te leef kan ’n mens se siel doodmaak. Dis belangrik dat ons iewers weer moet hoop kry! Die dag toe ek besef het dat alles nie oor my gaan nie, het my lewe heeltemal verander.
Elkeen van ons se lewe het ...
Registreer
Registreer (gratis) om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreer is nie.
Deel die artikel
Méér artikels
Korttermyn-uitputting is nie ’n rede tot kommer nie. Maar wanneer uitputting chronies word, is dit tyd om die oorsaak te soek van die Groot Moeg. ...
Van kleins af soek ons almal na goedkeuring. Waak daarteen om nie so te vis vir erkenning dat jy van jou eie hartsbegeertes vergeet nie. ...