Rhona Erasmus [Oudio+Video]

Roetine hoef nie vervelig te wees nie

Ons weet hoe goed roetine vir kinders en selfs volwassenes kan wees, maar jy hou dalk nie van die voorspelbaarheid daarvan nie.

Mammas weet daar is min dinge so goed vir ’n kind soos roetine. Veral vir werkende mammas, help daaglikse roetines om almal op koers te hou en te verseker dat hulle optimaal kan funksioneer.

Dalk is jy een van daardie vroue wat mál is oor roetine en het sisteme en prosesse in plek vir alles in jou lewe. Maar dalk is jy iemand wat sukkel met rigiede riglyne en vooropgestelde idees van hoe elke dag moet verloop.

As roetines al vir dekades werkende vroue help om meer doeltreffend en minder gespanne te wees, is dit die moeite werd om ten minste te probeer.

Sekere roetines is ononderhandelbaar. Maar die manier wat jy die roetines implementeer, is nie. As jy ’n oggendmens is wat ’n oggendroetine volg, hoef jy dit byvoorbeeld nie elke oggend in dieselfde volgorde te doen nie.

Maak ’n lysie van alles wat jy vroegoggend gedoen wil kry. As jy alles kan afmerk binne ’n sekere tyd, het jy ...

Meld aan

Meld aan – indien jy reeds ‘n profiel het – om volledige toegang te kry.

Teken in

Teken gratis in – om volledige toegang te kry – indien jy nie reeds geregistreerd is nie.

Deel die artikel

Méér artikels

Ek het gesmag na die hulp van die Here. Hy het na my toe afgebuig en my hulpgeroep gehoor. Hy het my uitgetrek uit die ...

Fiksheidskenner, BIANCA VAN RENSBURG, glo jy moet fiks wees in elke aspek van die lewe om gesond én gelukkig te wees, en jou volle potensiaal ...

Scroll to Top

Wen jou deel van R25 000 in samewerking met Voelgoed en Virseker!